Vra vir Faffa

Roundup op grasperk

Vraag

Ek het Roundup gebruik om onkruid op my grasperk dood te maak. Lyk vir my ek het die gif nie reg gebruik nie. Daar is nou baie plekke waar dit lyk of my gras gevrek het. Hoe nou gemaak? Kan ek bo- op die gras, gras saai? Ek het fyn gras en hoe sal ek te werk gaan? Hoop julle kan my help? Dankie Marina

Antwoord

Roundup (L4481) is ‘n nie-selektiewe onkruiddoder wat beteken dat die middel gras en breëblaaronkruide sowel as gewenste plante kan dood. Wag 7 dae voordat met grassaad hersaai word. Werk eers Wonder Beenmeel (B3549) en Wonder Vitaliser Plant & Veg 2:3:4 (15) + C (8) SR*  (K8302) in die grond, voordat met  die aanplanting van die grassaad begin word.

Geskryf deur: Nico van der Westhuis, Tegniese Navorsingsbeampte, Efekto (nicovdw@efekto.co.za), www.efekto.co.za)
24 Oktober 2011

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X