Vra vir Faffa

Rooiperdebye

Vraag

Ons tuin op die plaas is oortrek met rooiperdebye wat so aggressief is dat hul die kinders wat op die gras speel, steek. Hul is orals, veral in die struike. Help asb!

Antwoord

Ek vermoed hier word na Belonogaster junceus, wat ook soms bekend staan as papierperdebye as gevolg van die struktuur van die nes, verwys. As dit hierdie spesie is, sal die nes bestaan uit selle in ‘n onre?lmatige groepering met die openinge na onder.

Hierdie insekte voed op nektar en ryp vrugte (wat sodoende die verrotting van die vrugte bespoedig) en soms ook op ander dooie insekte. Die kolonies breek gewoonlik in die herfs op wanneer die voedsel skaars raak, dus behoort die probleem deur die natuur opgelos te word.  Bevrugde wyfies oorwinter in die neste en stig nuwe kolonies in die lente.
Chemiese beheer is die enigste ander uitweg.
Die Departement van Landbou het nie enige middels spesifiek vir perdebye geregistreer nie omdat hulle nie as landbouplae beskou word nie.
In hierdie geval sal ons hulle as huishoudelike plae beskou, dus sal enige van die algemene huishoudelike insekmiddels geskik wees.
Dit is belangrik om te onthou dat as hierdie insekte gepla word, hulle nog meer aggressief word. Die beste tyd om die neste te spuit, is in die aand wanneer al die werkers in die nes is. Gebruik ook ‘n insekmiddel wat ‘n vinnige uitklop (“knock down”) effek het, anders val hulle die persoon aan en dit mag onaangenaam wees!
Gekryf deur: dr. Victor Whitlock, Landboukonsultant (whitlockv@yahoo.com)
16 April 2009

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X