Vra vir Faffa

Rooimiere (Red Driver Ants)

Vraag

Kom "Red Driver Ants" in SA voor ? Hoe kom hulle hier en hoe kan 'n mens hulle bestry ?

Antwoord

Die spesie  wat in Suid-Afrika voorkom is Dorylus helvolus ook bekend as rooimiere. Hulle kan waargeneem word as duisende klein, ongeveer 5 mm lank miertjies. Deurdat hulle nie ‘n permanente blyplek bewoon nie, is dit moeilik (en onnodig) om hulle te beheer. Hulle is die tipiese “kommando-miere/ army ants”.

Hulle is so ongeveer 3 weke aan die trek (nomadiese fase), 2 weke op ‘n tydelike blyplek (bivak) terwyl eiers en papies uitbroei en dan gaan hulle weer vort.

Rooimiere is vleisvretend. Waar jou hond sy been laat lê het, sal jy dikwels die rooimiere daarom sien. Of, jy gaan sit naby daardie been en voordat jy weet word jy ‘n bietjie gevreet! Die byte brand nogal kwaai. Die gevleuelde mannetjie lyk presies soos op die foto in wikipedia en nou is die tyd om hulle waar te neem – hulle kom graag na lig toe en verkies ultraviolet.

http://en.wikipedia.org/wiki/Dorylushttps://www.google.co.za/search?hl=en&site=imghp&tbm=isch&source=hp&biw=1219&bih=678&q=Dorylus+helvolus&oq=Dorylus+helvolus&gs_l=img.12..0.1841.16447.0.18953.16.8.0.8.8.0.289.2059.2-8.8.0….0…1ac.1.32.img..0.16.2079.RlZ9GAvvB2Y&sout=0&sa=X&ei=v9qiUu6UMtDwhQeFi4CoAg&ved=0CCYQxxQoAA

Geskryf deur:

Professor Clarke Scholtz, Scarab Navorsingsgroep,

Department van Dierkunde en Entomologie, Universiteit van Pretoria (chscholtz@zoology.up.ac.za)

Professor Joop Boomker, Parasitiloog (Joop.Boomker@up.ac.za)

7 Desember 2013


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X