Vra vir Faffa

Rooimiere in die huis

Vraag

Ons het geen rus nie as gevolg van rooimiere in ons huis. Niemand kan meer op 'n mat sit of 'n stukkie kos laat nie want dan lyk dit of die hele rooimiernes daar is. Kan ‘n mens iets soos ‘n piretro?ed (deltamephrin) gebruik? Ek is raadop en sien u praat van kanolaolie en knoffelekstrak. Hoe sal ‘n mens dit gebruik en waar kan ‘n mens piretriene koop?

Antwoord

Rooimiere in die huis

As jy praat van rooimiere neem ek aan jy verwys na Dorylus helvolus. Die mier het ook ‘n ander populêre naam wat ek nie hier wil herhaal nie, maar ek is seker baie mense sal weet waarna ek verwys.
Deltamephrin (L no 7965) en piretro?edes is beslis nie geskik vir gebruik binne in die huis nie.
Daar is ‘n aantal middels beskikbaar vir die doel, maar om miere in ‘n huis te beheer, is baie moeilik. Miere oor die algemeen is seisoenale plae, d.w.s. hulle verdwyn in die winter. Rooimiere spesifiek is verder ook geneig om nomadies te wees. Hulle sal wegtrek as kosvoorrade skaars word.
Ek besef dis nie baie bemoedigende nuus nie, maar probeer om so ver moontlik nie kos vir hulle te los nie.
Verder kan jy soek waar die nes is deur die werkers te volg en dan in die onmiddellike omgewing te spuit met ‘n insekdoder wat geskik is vir huishoudelike gebruik.
Die gebruik van kanolaolie en plantekstrakte waarna jy verwys, is net geskik vir gebruik op plante.
Kakiebosekstrak (trek dit soos tee in kookwater) werk goed teen insekte soos vismotte, vlooie en selfs tot ‘n mate teen kakkerlakke binne in die huis. Dalk kan jy dit ook probeer.
Gaan besoek jou plaaslike koöperasie of plantsentrum en vra hulle om vir jou insekdoders te wys wat geregistreer is teen miere asook vir binnehuise gebruik.
Geskryf deur: dr. Victor Whitlock, Landboukundige (whitlockv@yahoo.com)
22 Februarie 2012
Lees ook:

Kommentaar

Kommentaar (2) “Rooimiere in die huis

  1. Cornel Voigt
    Cornel Voigt

    Ek wil graag n nr of iets he wat ek n foto heen kan stuur.ASB en dankie

    • Jan Bezuidenhout

      Cornel,
      Stuur jou foto na janbez@landbou.com
      Groete


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X