Vra vir Faffa

Rooi wurmpies in suipkrip

Vraag

Ek merk op dat daar klein rooi wurmpies in die wild se suipings voorkom, veral op die inlaatklep en wanneer hulle blootgestel word aan sonlig, dan krioel dit. Hulle is sowat 2mm tot 10mm lank en lyk soos 'n stukkie vislyn. Is dit skadelik vir wildsbokke en is daar 'n middel wat ek by die drinkwater kan gooi om hulle te beperk?

Antwoord

Die klein “wurmpie” is die larwes van die muskietagtige vliegie van die Familie Chironomidae. Mens kan die volwasse vliegies van muskiete onderskei op grond van hulle groen kleur en die geweldige digte voelhorings van die mannetjies – dit lyk soos verestoffers.  

Die wyfies, soos muskiete, lê hulle eiers in water, verkieslik stilstaande water.
 
Die larfies broei uit en bou ‘n soort van ‘n buisvormige skuiling met die afval wat altyd in die bodem van ‘n suipkrip teenwoordig is. Soms kruip hulle uit en dit is dan wanneer mens hulle sien. Hulle voed op die mikro-organismes wat in die water is en van die afval op die bodem. Hulle sal by die inlaatklep voorkom, veral as die water inloop, want dan is daar baie suurstof.
 
Die persoon wat die vraag gestel het, beskryf die larfies baie goed want dit is presies soos hulle lyk. Die larfies is onskadelik vir mens en dier en die volwasse vliegies dra ook nie siekte oor nie.
 
Ek gebruik die larfies as lewende kos vir my kurpertjies en hulle floreer daarop. Baie van die waterinsekte, onder andere naaldekokerlarwes vreet die wurmpies, so hulle dien ‘n goeie doel.
 
Behandeling is onnodig, maar as dit moet, is dit die beste om die krip leeg te laat loop, so van 7 uur die oggend, skoon te skrop en droog te laat lê tot 11 uur die oggend..
 
Geskryf deur: professor Joop Boomker, Parasitoloog, Fakulteit Veeartsenykunde, Universitet van Pretoria. (joop.boomker@up.ac.za)
 
1 Maart 2012

Kommentaar

Een kommentaar op “Rooi wurmpies in suipkrip

  1. Annatjie
    Annatjie

    Dis wat ek gekry het


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X