Vra vir Faffa

Reunperd se skede is smetterig

Vraag

My reunperd se skede is smetterig. Wat is moontlike oorsake en is daar iets wat ek daaraan kan doen? Baie dankie. Frik Strauss

Antwoord

“Smetterigheid” is ‘n algemene verskynsel by hingste en reunperde. Daar is selfs ‘n wetenskaplike term daarvoor nl. Smegma. Onder normale omstandighede is ek dus nie bekommerd daaroor nie, maar sal begin bekommerd raak as dit “ontsteek” voorkom, die perd hinder, en/of sleg ruik (bedoelend as ek langs die perd staan en dit ruik).

Ek sal ook oplet na stalhigiëne – mis en uriene kan die slymvliesoppervlakte van die skede “brand”. Kyk ook maar na die tipe saagsels of ander “kooigoed” wat gebruik word – ek het al gekry dat dennehoutsaagsels irriterend kan wees.
Ja, swamme groei daar. Persoonlik het ek al goeie resultate gekry deur ‘n vaginale room van mense aan te sit/smeer, maar voel weereens dat dit iets is wat ek in samewerking met jou veearts sal wil aanbeveel.
Ek sou dan ook oorweeg om ‘n depper te laat neem om vas te stel of daar nie ook ‘n bakterie? of ‘n ander “kiem” betrokke is nie.
Veral omdat die eerste behandeling nie suksesvol was nie, dink ek dat mens nou bietjie meer moeite moet doen om die werklike oorsaak vas te stel.
Geskryf Deur: dr. Dave Midgley, Veeartskonsultant (dokfaffa@vodamail.co.za)
3 Augustus 2011

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X