Vra vir Faffa

Reun wil alles dek

Vraag

My reun het vir die eerste keer ‘n teef gedek en nou is dit baie erg! Hy wil als wat voorkom dek en ons hou die teef weg sodat hy nie moet dek nie. Wat kan mens doen om sy hormone rustiger te kry sodat dit nie so erg is nie? Hoe lank het die teef nog voor haar siklus klaar is? Sy is al vir 16 dae op hitte?

Antwoord

‘n Teef is vir ‘n totaal van 21 dae op hitte – die eerste 10 dae is pre-estrus (voor-hitte) en die laaste 10 dae is estrus (hitte).  In pro-estrus laat hulle gewoonlik nie dekking toe nie alhoewel die reuns dan reeds belangstel.  Wanneer hulle dekking toelaat, is hulle gewoonlik in estrus en produseer eierselle en sal kan dragtig word.

Ongelukkig is daar geen raad vir so ‘n opgewonde reun nie – al wat mens kan oorweeg, is om hom te laat kastreer sodat tewe op hitte hom nie in die toekoms so sal pla nie.  Maar dit sal nie nou help nie.  Die enigste oplossing is om die twee honde heeltemal te skei, oor ‘n afstand waar die reun nie die feromone van die teef kan waarneem nie.  Dit beteken gewoonlik ‘n afstand van ‘n paar kilometer, dus is dit gewoonlik beter as een van die honde in ‘n hondeherberg kan gaan bly vir die duur van  die hittesiklus.

Geskryf deur: dr. Quixi Sonntag, Dieregedragskundige, Fakulteit Veeartsenykunde, Universiteit van Pretoria (Quixi.Sonntag@up.ac.za)

30 Mei 2015


Kommentaar

Een kommentaar op “Reun wil alles dek

  1. Brakanjan
    Brakanjan

    In 1986 – 1988 se tyd was daar ‘n groot Boerboel reun by Sonop manskoshuis. Weens sy ‘wil-net-alles-dek’ gedrag was sy regte naam – ‘Pistool’. Ek is dood ernstig hieroor. Hy was ook ‘n vriendelike hond wat jou eerder wil doodlek of doodlê. 😉


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X