Vra vir Faffa

Resepte vir lusern- en wildspille

Vraag

Ons wil graag lusernpille en wildspille maak van ons oorskot mielies en lusern. Kan u my asb. help met resepte vir lusernpille asook wildspille? Ons wil ook graag ons surpluspille aan omliggende plase voorsien. Shani de Beer

Antwoord

Volgens die Veevoerwet (Wet 36/1947) mag veevoerprodukte wat verkoop word, slegs deur ‘n geregistreerde voedingskundige geformuleer word. Enige veevoervervaardiger wat voere vervaardig en bemark, moet toesien dat hy oor voldoende versekering beskik indien kliënte eise, van watter aard ook al, teen hom instel. Sorg moet gedra word dat kliënte behoorlik ingelig word oor elke produk se voedingsinstruksies. 

Om verpilling te vergemaklik, moet al die melassegebaseerde Voermolprodukte (bv. Voermol SS 200, Maxiwol, Super 18 en Melassemeel) vooraf met die mielies gemeng word en gelyktydig gemaal (± 25 mm-sif) word voordat dit met die res van die komponente in die pilmasjien se menger gemeng word om verpil te word.
Vir resepte sien aangehegte pdf.
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
18 Julie 2010

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X