Vra vir Faffa

Regte tyd om kalwers te onthoring en te speen

Vraag

Wat is die regte ouderdom om veldkalwers te speen en te onthoring? Is dit nodig om te onthoring indien die kalwers verkoop gaan word op ± 230kg?

Antwoord

Onthoring

Die onthoring van kalwers is myns insiens noodsaaklik selfs al word hulle op speenouderdom verkoop. Normaalweg word net die bulkalwers en ‘n sekere persentasie van die verskalwers op speen verkoop en die res van die verse teruggehou as vervanging. Indien kalwers nie onthoring word nie, sal dit beteken dat die vervangingsverse ook nie onthoring word nie. Meeste van die speenkalfkopers (gewoonlik voerkrale) sal ook diskrimineer teen kalwers met horings. Indien kalwers op daardie stadium (speen) onthoring moet word, is dit ‘n baie groter werk en plaas dit nog meer stres op die gespeende kalf.
Daar is nie werklik ‘n regte ouderdom om kalwers te onthoring nie. Algemeen kan gesê word dat sodra die horingknoppies gevoel kan word, kan dit maar gebrand word. Indien die horings te groot word, moet dit eers verwyder word, voordat dit gebrand word. Verder moet onthou word dat indien jong diere se horings net afgeknip word en nie gebrand word nie, dit weer uitgroei. Een van die maklikste re?ls om te volg, is om kalwers ongeveer 3-4 weke nadat die laaste kalf van ‘n trop gebore is, te onthoring (90 dae dekseisoen) deur die horings te brand.
Speenouderdom
Gewoonlik word kalwers op ongeveer 7 maande ouderdom (210 dae) gespeen. Daar is dikwels omstandighede wat maak dat kalwers of vroe?r of later gespeen word. Die nuutste navorsing toon ook dat die vroe?r speen van kalwers ‘n baie gunstige invloed het op die herbesetting van die koei. Daar is egter ‘n fyn ekonomiese balans tussen vroe?r speen en ‘n aanvaarbare speenmassa. Onder praktiese boerderyomstandighede behoort speenouderdom te varieer tussen 6 en 9 maande.
Geskryf deur: dr. Hannes Dreyer, Veekundige (hannesdreyer@vodamail.co.za)
5 Januarie 2012
Lees ook: 

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X