Vra vir Faffa

Regte tyd om gras te saai

Vraag

Ek wil gras saai bv. bloubuffel (Cenchrus ciliaris) of Rhodes (Chloris gayana) . Ek weet dit is nie die regte tyd om nou te saai nie , maar gaan dit so ‘n groot verskil maak as ek dit nou saai? En gaan diè tipe grassoorte beter groei in droë land of in ‘n land waar ek kan besproei?

Antwoord

Sal nie aanbeveel om enige van die twee genoemde grasse nou te vestig nie.

Droogte, lae temperatuur en kort daglengte dra alles tans by daartoe dat somergrasse nie sal ontkiem nie.

Saad is ook te duur om dit nou uit te strooi vir voëls en insekte om te vreet of deur die wind weggewaai te word.

Wag dus tot Oktober/November. Dit is die beste planttyd.

Besproeiing sal ontkieming en vesting verbeter en bespoedig, maar nog steeds gedurende  Oktober/November.

Geskryf deur: Prof. Chris Dannhauser, Weidingskundige (chriswei@vodamail.co.za)

25 Julie 2015


Kommentaar

Een kommentaar op “Regte tyd om gras te saai

  1. Herman
    Herman

    Uit ondervinding sou ek dink die beste tyd om weidingsgrasse te saai sal Maart/April wees vir die Bosveld streek. Saai saam met ‘n eenjarige wintersgewas soos hawer om die meerjarige saailing teen koue te beskerm in die eerste winter. Sodoende verkry u ook die addisionele opbrengs van die wintergewas.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X