Vra vir Faffa

Rantsoen vir Dorperskape bestaande uit vismeel, groen hawer en mielies

Vraag

Ek het tonne vismeel en groen hawer nog op land wat ek wil fyn maal deur die hamermeul. Gaan nog heel mielies aankoop en fyn maal. Uit die 3 produkte wil ek graag ’n rantsoen maak vir Dorperskape.

Antwoord

Daar word nie aangetoon wat die fisiologiese status (groeiend; droog; dragtig of lakterend) van die ooie is nie. Elke fisiologiese status van die ooie vereis ‘n ander rantsoen. Vir laatdragtige en lakterende ooie kan die volgende volledige rantsoen gevoer word:

 
            400 kg Groen hawer (green chop)
            375 kg gemaalde mielies
             50 kg Vismeel
            100 kg Voermol Maxiwolkonsentraat
             75 kg Voermol Procon
             10 kg voerkalk
          1 010 kg TOTAAL
 
Die ooie moet stadig en geleidelik op hierdie rantsoen aangepas word. Vismeel gee ‘n smaak aan die rantsoen en daarom kan hoë insluitingsvlakke nie gebruik word nie. Maak seker dat die vismeel van ‘n goeie gehalte is en dat dit nie galsterig is nie. Galsterige vismeel is onsmaaklik en dikwels is van die aminosure ook "beskadig" wat tot swakker diereprestasie aanleiding sal gee. Die probleem met rantsoene soos hierdie met ‘n hoë voginhoud (meer as 35 %) is dat hulle baie lywig is.  Aangesien laatdragtige ooie se rumenspasie beperk word deur die bevrugtingsprodukte (bv. baarmoeder; nageboorte; vrugwater; fetusse, ensovoorts) ondervind hulle dikwels probleme om voldoende voer in te neem as dit ‘n hoë voginhoud het wat soms tot domsiekte aanleiding kan gee. Skakel my indien dit gebeur of indien rantsoene vir ander klas skape verlang word.
 
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 
17 Oktober 2010

Kommentaar

Een kommentaar op “Rantsoen vir Dorperskape bestaande uit vismeel, groen hawer en mielies

  1. Christie
    Christie

    Ek wil graag ‘n paar dorpers aanhou vir eie gebruik. so 10 1n totaal. ek het baie min weiding maar volop lusern. wat is die daaglikse voedings behoefte per skaap. Baie dankie


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X