Vra vir Faffa

Ramprobleme

Vraag

Ek het sopas 'n boerderytjie begin met 100 ooie, waarvan 25 Dormers en die res Merino's is. Die Dormers het ongelukkig lang sterte, maar is pragtige, sterk diere. My 3 Merinoramme, wat andersins werklik hulle kant bring, ignoreer egter die Dormerooie geheel en al. Ek het eers gedink dit is oor die sterte, maar nadat ek vandag gesien het hoe gewelddadig een van die ramme 'n Dormerooi van hom af wegstamp, wonder ek of Merino's dalk nie van Dormers hou nie?

Antwoord

Dit klink vreemd. Dit is bekend dat baie ramme baie min aktief is gedurende die dag, maar snags hulle werk doen.

Sou aanbeveel dat  oker (kleurstof) met botter meng  en aan die ramme se bors gesmeer  word sodat gesien kan word of die ramme die ooie dek. Die kleurmengsel sal aan die ooie se rug afsmeer.

Geskryf deur: dr. Buks Olivier, Bestuurder Dierewetenskap, Wes-Kaapse Departement van Landbou, Wes-Kaapse regering. BuksO@elsenburg.com

Webtuiste:  www.elsenburg.com

16 Februarie 2016


Kommentaar

Een kommentaar op “Ramprobleme

  1. johan
    johan

    Ek twyfel of die sterte die probleem is. Soos genoem is werk ramme eerder snags. Maar afgesien van die paar probleem wat vreemd is sou ek sê gebruik eerder Dormer ramme op Merino ooie. Anders om klink nie vir my reg nie. Daar gaan mooier slaglammers wees en nog steeds goeie wol ook. My mening Groete en geniet die boerdery. Johan


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X