Vra vir Faffa

Ramlammers het horings

Vraag

Ek merk op dat my 2015 ramlammers horings kry. Ek het 'n top ram by my ooie gehad. Dit is die eerste keer dat so iets gebeur. Wat is die oorsaak hiervan en hoe kan dit voorkom word? Is dit dalk geneties aan die kant van die vaar en kan die horings gebrand word sodat dit nie verder groei nie? Die rammetjies met die horings sal nie aanvaar word vir registrasie nie. Kan u my dalk help?

Antwoord

Die voorkoms van horings word deur ten minste 4 gene pare gereguleer naamlik HH (horings), PP (poenskop) en dan ook nog SC wat as horingknoppies (scars) bekend staan. Verder is daar ook ander moontlike gene wat ‘n rol kan speel en verder is van die gene geslagsgekoppel. Baie vereenvoudig sal byvoorbeeld  ’n ram met die HP gene pare  (heterosigoties), horings hê, maar indien die ooi HP gene pare het, is sy poenskop.  Dit kan varieer van ras tot ras en ook die betrokkenheid van ander gene soos SC, Sc, ih ens.

Die ram wat u gebruik het, was heel moontlik heterosigoties  vir die horinggene. Daarmee saam moes ’n persentasie van u ooie ook heterosigoties gewees het. Dit het veroorsaak dat van u ramlammers so homosigoties vir die horing gene is en dus het hulle horings. Die voorkoming van horings is baie moeilik omrede die horinggene resessief is en nie maklik waargeneem kan word nie. Juis om die voorkoms van horings in ramme te voorkom laat sommige genootskappe net ramme toe wat hoogstens horingknoppies het. Op die manier word die voorkoms van die horinggene in toekomstige generasies beperk. Sover my kennis strek, is die brand van horings by skape nie algemene praktyk nie en ek sou u aanraai om liewers die ramme met horings nie vir teeldoeleindes te gebruik nie.

Geskryf deur: dr. Buks Olivier, Bestuurder Dierewetenskap, Wes-Kaapse Departement van Landbou, Wes-Kaapse regering. BuksO@elsenburg.com

Webtuiste:  www.elsenburg.com

11 Januarie 2016


Kommentaar

Een kommentaar op “Ramlammers het horings

  1. piet parys
    piet parys

    Ek het dieselfde probleem gekry waar ek nooit die probleem met dieselfde ramme by die ooie
    gehad het nie en skryf dit toe aan voeding, weiveld en weerstoestande


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X