Vra vir Faffa

Radys- en raapweidings en opblaas

Vraag

Ek het Japanese Radyse geplant en daar het wilde rape tussen hulle opgekom. Ek wil die radyse en rape deur skape laat bewei, maar is bang vir opblaas. Ek voer skaapkonsentraat met heelwat gekapte lusern, mielies en eragrostis. Is dit beter om die skape in die oggend die voer te gee en dan die radyse te bewei?

Antwoord

My ervaring van rape en radyse is dat dit baie “veilige” weidings is (baie meer veilig as bv. hawer wat jaarliks baie skape siek maak na erge rypskade).  Die afgelope week (na wrede ryp en koue) het heelwat boere melding gemaak van probleme op hawerweidings. 

Wat rape en radyse betref, beveel ons die gebruik van Voermol Superlamkorrels of Voermol Molovite aan.  Die produkte bevat medikamente wat opblaas help beperk.  Dit is egter nie ‘n absolute waarborg teen opblaas nie, want sekere skape in ‘n trop eet min of selfs geen lek nie.
 
Dit is altyd goeie praktyk om nie honger skape op ‘n smaaklike weiding soos wintergroenvoer te jaag nie.  Jaag dus skape vir die eerste keer in die namiddag op die weiding.
 
Geskryf deur: Hendrik van Pletzen, Tegniese bestuurder, Voermol Voere (hendrikvp@mweb.co.za)
 
20 Junie 2010
 
Lees ook:
 
 
 
 

Kommentaar

Een kommentaar op “Radys- en raapweidings en opblaas

  1. Ben Bezuidenhout
    Ben Bezuidenhout

    Goeie dag wil net graag weet eet die skape net die blare of kan n mens ook die vrug vir hulle gee . Is maar nuut wil ook meer leer omtrent die Japanese radys ,het gehoor by vriend is baie goeie aanvulling.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X