Vra vir Faffa

Q-koors in die mens

Vraag

Hoe kan ek Q-koors opdoen en wat is die simptome?

Antwoord

Met verwysing na die onlangse gevalle van Q-koorsaborsies in wild, net ‘n woord van waarskuwing oor die soönotiese implikasies.  Hierdie infeksie is hoogs aansteeklik wanneer vars organe en vloeistowwe sonder die nodige beskermende oorklere hanteer word.  Dit kan ook deur stof of bosluisbyte oorgedra word.  Akute gevalle toon griep-agtige simptome en kliniese tekens, het ‘n erge koorsreaksie, en sommige gevalle ontwikkel erge pleuritis (borsvliesontsteking).  Die akute siekte reageer goed op antibiotiese behandeling, maar ‘n klein persentasie van die gevalle duur voort as ‘n kroniese sindroom wat o.a., die hart aantas, of ‘n kroniese moegheidsindroom veroorsaak wat gepaard gaan met ‘n swak lewenskwaliteit, en wat baie sleg op behandeling reageer.  Die kroniese sindroom kan vir jare voortduur, en het ‘n uitgesproke impak op die algemene gesondheidstoestand en funksionaliteit van die persoon.  Wees dus gewaarsku, aangesien u self verantwoordelik is om te verseker dat u nie  hierdie siekte aansteek nie.

Q fever

I wish to express a word of warning with reference to the recent cases of Q-fever abortion in some of the wildlife species, as it is a serious zoonotic disease.  This infection is highly contagious and is easily transmitted when handling fresh carcase material and body fluids when not using adequate protective clothing.  It can also be transmitted by inhaling dust, and by tick bite.  Acute cases are characterised clinically by a flu-like syndrome, a severe febrile reaction, and in some cases, severe pleuritis.  The acute disease responds well to antibiotic treatment, but a small percentage of cases develop into a chronic syndrome that may affect the heart, or cause a chronic fatigue syndrome causing a severe reduction in the quality of life.  This chronic disease also responds very poorly to treatment and can persist for many years.  It has a marked impact on the general state of health, and the functionality of the person suffering from it.  Thus, take care, as you are responsible for protecting yourself against contracting the disease.

Geskryf deur prof. Nick Kriek, Fakulteit Veartsenykunde, Universiteit van Pretoria (diegrille@vodamail.co.za)


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X