Vra vir Faffa

Probleme met slange

Vraag

My kinders bly in Knysna en het `n erge probleem met slange om die huis - hoofsaaklik boomslange, pofadders en nagadders. Twee Skotse Terriërs is verlede jaar gepik ( boomslange) en so pas ‘n jong steekhaar Terriëer ( pofadder). Hulle het 2 klein seuntjies. Wat kan gedoen word om die slange af te skrik of weg te hou van die huis af? Ek is `n oupa in angs oor my kleinkinders. Lutz Nell

Antwoord

Daar is bitter min wat mens kan doen. Daar is geen plante wat slange uithou, ook geen middels wat hulle afskrik nie – dit sluit in petrol, diesel, olie, Jays Fluid, snake repellent en al die ander mietes. Wat mens wel kan doen is om jou erf skoon te hou, verwyder boumeteriaal, hope rotse en komposhope waar kos in die vorm van padas en muise/rotte gelok word en waar slange kan wegkruip.

Visdammetjies lok ook paddas wat weer slange lok. Doen ook navrae en stel vas of daar ‘n slangvanger in die area is sodat alle slange verwyder kan word sodra hulle gesien word. Ongelukkig klink dit asof dit ‘n goeie area  vir slange is.

Groete,

Johan Marais

Author of A Complete Guide to Snakes of Southern Africa

 

African Snakebite Institute

E-Mail:  johan@africansnakebiteinstitute.com

Tel. +27(0)824942039
Fax +27(0)86 525-2559

www.africansnakebiteinstitute.com

Skype Bugudada

 

 

 


Kommentaar

Kommentaar (12) “Probleme met slange

  1. Hendrik
    Hendrik

    ‘n Hoender pik. ‘n Slang byt..

  2. mkruger
    mkruger

    Het jy al gekyk om jou swart huise in die voormalige tuislande. Daar is niks gras om die huise en op die werf nie. Dit is sodat daar nie wegkruipplek is nie.

    Ek het al gehoor dat mense Malva plante om die huis plant omdat hulle glo die skerp reuk van die plant hou slange weg.

    Hier op die plaas het ons hoenders en gaanse wat op die werf rondbeweeg en glo my hulle werk ‘n slang se gal. Katte beheer ook die slange veral in die nag. Hulle maak hulle mikien nie dood nie maar pla hulle genoeg sodat hulle wegseil. ‘n Kat is ook ratser as ‘n hond en word nie so maklik gepik nie.

  3. Carelf
    Carelf

    kry nog klein honde- jackrussel, worsies, terries (wire hair)- honde wat niks uitlos nie- van hulle ontwikkel in goeie slangvangers.
    Verloor eerder n hond as n ledemaat of n kind

  4. Anonymous
    Anonymous

    Ons bly op ‘n plaas in die Boland en die werf is omring deur grasveld en bome – hier is net so baie slange – kobra, pofadder en nou skielik boomslange. Die ander soorte is skaapsteker, molslang en sandslang asook ander onskadelike soorte. Ons het agtergekom dat, vandat ons elektriese heining gespan het om die vee uit die tuin te hou, die slange minder was. Maar ons het ook agtergekom dat sommige somers hulle meer is en ander weer minder. Dit sal seker nie werk om so ‘n heining in die dorp te span maar ek dink hulle voel die vibrasies van die elektrisiteit aan – ons onderste draad is ongeveer 20cm van die grond.
    Ja verder is daar nie iets wat mens kan doen – ek hou my honde liewer in die huis as ek nie kan sien waar hulle is aangesien ek ‘n baie welige tuin het.
    Linda

  5. marelize
    marelize

    Hi daar

    Ek bly net buite Vereeniging op ‘n plot. En somer tyd het ons ‘n groot problem met huis slange en dan die swart rinkels en pofadders. Hoe gaan mens tewerk om hulle weg te dryf. My man is meestal nie by die huis nie en werk baie weg. En my kinders is nog klein 5 en 11.

    Enige raad sal ek waardeer.

    vriendelike groete

  6. joleen
    joleen

    Hi ek wil net hoor of dit waar is dat kannas plante Slange lok . Indien dit waar hoekom? N Mosambiekse spoeg kobra het ons jackrussel gespoeg vanaand en ons het haar oe met koue water uit gespoel. Die slang gaan in ons stoor in en ons weet nie hoe om hom daar uit te kry nie. Ons dogterjie is 5 en ons is bang dat sy buite toe moet gaan omdat ons weet die slang is daar. Ons het kannas geplant en iemand het gese kannas lok slange. Na ons dit geplant het vandag. Baie dankie. Joleen

    • Jan Bezuidenhout

      Johan Marais antwoord:
      Daar is absoluut niks wat werk – al die plante soos malvas en knoffel sowel as diesel, Jeyes Fluid en Snake Repellent werk glad nie. Hulle moet die erf skoon hou, geen rotse of boumateriaal en visdamme lo kook paddas wat dan slange lok.
      Die enigste moontlike oplossing is om die hele erf toe te span met fyn skadunet van so 1 m hoog maar dit moet ten minste 30 cm in die grond begrawe word. Slange sal tot teen die skadunet beweeg en of links of regs draai of omkeer. Maak ook seker dat die hekke goed seël onder.
      * Marais is die skrywer van A Complete Guide to Snakes of Southern Africa.
      Sy e-pos asdres is: johan@africansnakebiteinstitute.com

  7. johan
    johan

    Haelgeweer

  8. coenraad reinecke
    coenraad reinecke

    Kry kat dit werk

  9. Koos Nienaber
    Koos Nienaber

    My ma het altyd vir ons” Wynruit” geplant, die n kruie plant, gewoonlik naby n kraan. Sy het in dit geglo. Ek bly op die grens van Natal. het self baie geplant. Sien slange slegs ver om die huis. Mag dalk werk.Wie weet!!

  10. Lottie van Wyk
    Lottie van Wyk

    Ek het gevind dat as jy katte aanhou, is die slange skaars! Plante soos Cannes’e en Ivy’s lok slange en natuurlik Grenadella’s ook!
    Vermy grondbedekkings!

  11. Willie
    Willie

    Ek woon in Griekeland en daar is gese dat as jy n “rubber tyre” brand, jaag dit slange weg. As jy “sulfur” gebruik, dink dit word “Swael” genoem help ook.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X