Vra vir Faffa

Probleme met rysmiere en miershope

Vraag

Rysmiere en die miere wat hope maak is 'n groot probleem. Wat is die oplossing?

Antwoord

Rysmiere of termiete. Daar is twee tipes wat mens aandag aan moet gee.

Eerstens is daar die groot grasdraertermiete wat in tuine, weivelde en gewone veld besig is en meestal maar net dooie materiaal bymekaar maak en dit onder die aarde indra. Die termiete kan egter in sommige gevalle skade aan grasperke aanrig en dikwels tydens droogtes weivelde redelik ernstig beskadig. Vir die boere is daar die produkte wat imidaclopried en fiproniel bevat wat as lokaas of formulasies vir die voorbereiding van lokaas bemark word. Die lokaas word in die veld om die termiethope gestrooi en die insekte dra dan die lokaas in die neste in waar dit hele nes vernietig.

Vir die tuinier in stede en dorpe is daar ook ‘n produk wat fiproniel bevat wat as lokaas beskikbaar is en ook reg om die plekke waar die insekte aktief is, aangewend word sodat hulle dit in die gate kan indra. Daar is ook ‘n lokaas wat karbariel bevat wat in tuine gebruik kan word ten einde die neste uit te wis. Die gebruik van tipiese tuinplaagdoders wat water aangemaak word en in die termiete se gate gegiet word, is ook beskikbaar soos onder andere siflutrien, maar dis nie so effekteif soos die genoemde lokaas nie.

Lesers moet op die CropLife SA Agricultural Remedies Database on the Insecticides gaan soek vir die name soos bo genoem wat met “harverster termites” geassosieer is. Die name in Engels sal wees: imidacloprid, fipronil, carbaryl en cyfluthrin.
Die webadres is: http://www.croplife.co.za/

Die houtvretertermiete is ‘n heel ander storie wat vir huise en opstalle groot gevaar mag inhou. Hierdie insekte neem wonings in deur onder die fondasies deur te werk en dan die huise deur die vloere, mure en kosyne binne te dring.

Ten einde sulke infestasies effektief te beheer en vir die toekoms te voorkom, moet huiseienaars kontak maak met geregistreerde plaagbeheermaatskappye en aandring dat hulle slegs twee produkte naamlik Premise 200SC (bevat imidaclopried L7451) of Premise 350SC (bevat imidaclopried L6105) gebruik. Geen chloorpirifosbevattende insekdoders mag gebruik word nie. Die plaagbeheermaatskappy wend die produkmengsels onder hoë druk onder die vloere en in die mure aan asook ‘n in sloot reg rondom die huis waar dit dan ‘n buffer teen die termiete vorm.

Geskryf deur dr. Gerhard Verdoorn, Griffon Gif-inligtingsentrum

4 November 2010


Kommentaar

Kommentaar (5) “Probleme met rysmiere en miershope

  1. albert
    albert

    Ek hou van die lokaas idee. Ek het egter baie rysmiere in my erf wat ek onlangs gekoop het. Dit wil se ek sal min of meer my hele grasperk met die gifstof besprinkel. Is dit skadelik vir die ander diere in die grond soos erdwurms ens ?

  2. Louis van Dyk
    Louis van Dyk

    Ek maak miershope dood om die te vergas , so ook miere in veld wat as rysmier geken word n soort graskorrel of lokaas soos vermeld om die nes te dood ….maar ai wat n proses . Ons sal naderhand geen veld he nie lykmy die werk net na die reen of werk die met temp want hulle werk nie aldag nie ?

  3. Koos van Rensburg
    Koos van Rensburg

    Ek wil nie komentaar lewer marketing soek raad. Ek het miere in my boorgat wat kan ek doen.

  4. Frikkie Gouws
    Frikkie Gouws

    Dag Koos.Het jy al raad gekry vir die miere in ñ boorgat.

  5. Corli van der Merwe
    Corli van der Merwe

    Koos, waarskynlik die beste idee om plaagbeheer by jou te kry om van die miere ontslae te raak. Groete, Corli van der Merwe


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X