Vra vir Faffa

Probleme met rooimiere in organiese groentetuin

Vraag

Ons boer naby Kuruman en kweek al die afgelope 5 jaar groente organies vir eie gebruik. Die tuintjie is onder skadunet. Ek het ewe skielik 'n groot probleem met rooimiere. Hulle is baie aggresief. Hulle loop op al die plante rond en daar is skielik ontsettend baie luise. Al die plante begin net vrek. Ek sit met my hande in die hare. HELP ASSEBLIEF! Marieta du Toit marietadutoit@hotmail.com

Antwoord

Ek vrees ek het nie goeie nuus vir Marieta nie. Rooimiere (Dorylus helvolus) is die algemeenste spesie van die mierfamilie in Suid-Afrika, en ja, hulle kan baie skade aanrig, maar kan ook onder sekere omstandighede voordelig wees.

Anders as baie van die ander mier spesies, bly rooimierkolonies nie lank op dieselfde plek nie en dit is wat hierdie tuin dalk sal red. Aangesien dit ‘n organiese tuin is, is die gebruik van chemiese insektemiddels nie ‘n opsie nie en daar is nie enige suksesvolle biologiese beheermetode beskikbaar nie.
Marieta praat ook van luise en ek neem aan sy verwys na plantluise. Rooimiere is omnivore (“alles vreters”) en sal dus die plantluise beheer, maar kan ongelukkig ook die plante beskadig.
Ek is jammer dat ek nie meer positiewe raad het nie, maar soos reeds gesê, sal die kolonie aanbeweeg en ons hoop dat volgende seisoen ‘n beter een sal wees.
Geskryf deur: dr. Victor Whitlock, Landboukonsultant (whitlockv@yahoo.com)
9 Januarie 2010

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X