Vra vir Faffa

Probleme met peervormige maagslakwurm

Vraag

'n Boer wonder wat die oorsaak van vrektes en diarree onder sy beeste, wat in vleie loop, kan wees.

Antwoord

Vraag:
My beeste loop in vleie en daar is ‘n paar vrektes. Hulle het ook geweldige diarree. Wat kan die oorsaak wees?

Antwoord:
Die lewensiklus van die peervormige maagslakwurm (Calicophoron (Paramphistomum) microbothrium) is baie soos die van lewerslakwurms, behalwe dat die onvolwasse stadium in die dunderm die kliniese tekens en die skade veroorsaak voordat hulle terugkruip tot in die grootpens (rumen) en ruitjiespens (retikulum) waar die volwasse peervormige maagslakwurms vassuig en eiers lê wat in die mis uitgeskei word.

Hulle lê eiers wat uitgemis word en in die water val. Daar broei hulle uit en besmet die waterslakke (tussengashere). Die volwassenes wat klein – 1cm lange, peervormige rooibruin slakwurms is en in die grootpens voorkom, rig min of geen skade aan nie.

Die onvolwasse peervormige slakwurms in die melkpens en eerste deel van die dunderm (duodenum) heg aan die dermwand vas en die vertering en absorpsieselle word vernietig, wat dan ongemak en aptytsverlies by die dier veroorsaak.

Die dermwand word geweldig beskadig deur die vashegting en vertering van kos word sleg benadeel. Proteïne lek ook in die derm in deur die wonde. Verlaagde kosinname en verhoogde waterinname veroorsaak stinkende, projektiele diarree met gevolglike gewigsverlies. Afhangend van die aantal onvolwassenes, kan die dier binne 5-9 dae nadat die diaree begin het, vrek.

Wanneer is peervormige maagslakwurm ‘n probleem?

Uitbreke word veral in die herfs en wintermaande (in somerre&eumlnval areas) gesien. In ‘n goeie re&eumlnseisoen is die natuurlike watervlakke in die vleie en poele hoog. Dan is die besmette varswaterslakke, Bulinus tropicus (wat die rol as tussengasheer speel) in ‘n groter volume water versprei en is die aantal wurmpies (metaserkarie&euml) wat deur die dier ingeneem word baie min.

Maar in die dro&euml seisoen (herfs en winter) krimp die watervlakke. Die besmetlike varswaterslakke konsentreer dan in die vleie en die wurmpies (serkarie&euml) wat die slakke verlaat, swem tot teen ‘n vaste voorwerp soos ‘n grassie.

‘n Beskermende doppie word dan om hulle gevorm en die besmetlike stadium word metaserkarie&euml genoem en hulle is dan gekonsentreerd op die grassies en waterplante om waterbronne. Die metaserkarie&euml kan vir lang tye besmetlik bly solank hulle vogtig bly. Koue is ook ‘n stimulus vir die besmetlike slakke om serkarie&euml vry te stel.

Dit kan moelik wees om ‘n diagnose te bevestig veral in die akute stadium van die siekte of uitbreek omdat dit die onvolwassenes is wat die skade aanrig en nie die volwassenes nie en dit is die volwassenes wat die eiers lê. Om die rede is ‘n miseiertelling nie van waarde op hierdie stadium nie.

‘n Diagnose word gewoonlik op kliniese tekens, tesame met ‘n positiewe reaksie op behandeling gemaak. Die onvolwassenes kan ook soms in die diarree gesien word met die hulp van die regte toerusting (klein, fyn filter) en ‘n mikroskoop. Tydens ‘n vars, nadoodse ondersoek kan die onvolwasse peervormige slakwurms in die eerste deel van die dunderm (duodenum) gesien word. Dit lyk soos tefsaadjies wat aan die dermwand vassit.

Hoe beheer ons die siekte? Diere wat tipiese tekens van onvolwasse besmetting (sien bo) toon, met ‘n geskiedenis van wei op besmette vleie, moet onmiddellik vir peervormige maagslakwurm behandel en na veilige weidings verskuif word. Veral hoogs vatbare diere soos verse, speenkalwers en skape moet nie toegelaat word om weiding te benut wat moontlik besmet kan wees nie.

Vleie kan afgekamp word waar prakties moontlik, of vleikampe kan bewei word wanneer daar minder besmette slakke teenwoordig is. Volwasse beeste (na eerste laktasie) is minder vatbaar en hulle ontwikkel n redelike goeie immuniteit. Op die stadium is ‘n Oksiklosanied en Levamisool kombinasie (bv. Nem-A-Fluke, G3563) die behandeling van keuse vir koeie in melk omdat daar geen melkonttrekkingsperiode is nie.

Die behandeling moet na 72 ure herhaal word om peervormige maagslakwurm effektief te beheer. Net een behandeling is nodig vir die beheer van volwasse lewerslakwurm. Slegs een behandeling met resorantel bv. Terenol-S, G1208 beheer volwasse en onvolwasse peervormige slakke.

Daar is ‘n melkonttrekking van 2 dae wat gevolg moet word. Bespreek met u plaaslike veearts wanneer en hoe gereeld diere behandel moet word.

  • Geskryf deur drs. Barry Coates en Faffa Malan

    Die artikel het ook in die Dairymail van Mei 2006 verskyn.

    19 November 2007


  • Lewer kommentaar

    Slegs in Afrikaans

    Los 'n antwoord

    Alle velde moet ingevul word.

    Teken In

    Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


    Ek het my wagwoord vergeet X

    Registreer

    Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


    X