Vra vir Faffa

Probleme met kakkerlakke

Vraag

Ons bedryf 'n restaurant in St Lucia, KZN wat in 'n "log cabin" gebou is. Ons het vreeslike probleme met kakkerlakke. Ons het al die pest control mense in die omgewing probeer. Ons het al Fendona probeer. Ons het elke aand nadat ons gesluit het, die gebou in die binnekant gespuit. Die een maatskappy het selfs die binnekant van die gebou met rook behandel - weekliks, maar die kakkerlakke byt vas. Ons gebruik nou tans Rentokill. Hulle spuit elke week die restaurant maar steeds hardloop die kakkerlakke orals rond wanneer ons die oggend oopmaak. Ons wil nie die gif in die supermarket gebruik nie. Het jy nie asb vir ons raad nie? Ons is in 'n wêreld erfenis gebied en wil nie skade aan die omgewing veroorsaak nie. Angelique

Antwoord

Die enigste oplossing vir ‘n kakkerlak-infestasie is om die peste met ‘n volwasse insektisied plus ‘n onvolwasse insektisied (insekgroeireguleerder) te behandel. Die dubbele meganisme skakel die insekte heeltemal uit en my ervaring is dat daar vir ten minste ses maande geen herinfestasie is nie.

Dit is nodig dat die produkte korrek gemeng word en korrek aangewend word ten einde die nodige uitwissing te bewerkstellig. As die etikette streng nagevolg word is die kans dat die twee produkte iets aan die omgewing of mense gaan doen, uiters skraal. Daar was nog nooit klagtes van mense wat die produkte gebruik het wat skade veroorsaak of opgedoen het nie. Skakel Coopers 031 700 5041 en koop een botteltjie Starycide (bevat triflumuron L5256) en 4 pakkies Baythroid WP (bevat siflutrien L2918) asook een kannetjie Tempo Fogger (bevat siflutrien, transflutrien en triflumuron
L6878) per kamer. Berook eers elke kamer met ‘n kannetjie Tempo Fogger.

Daarna moet die hele perseel met ‘n mengsel van 20 ml Starycide en 2 pakkies Baythroid per 10 liter water gespuit word. Die produkte se reuk is feitlik onwaarneembaar en daar is dus nie ‘n slegte reuk na die aanwending nie. Die Tempo Fogger gaan die kakkerlakke goed uitjaag en doodmaak terwyl die Starycide/Baythroidmengsel die kakkerlakke op die langtermyn gaan beheer.

Die produkte gaan ook nie ‘n gevaar vir mense in die restourant inhou nie.

Ek stel voor dat julle een aand ná sluiting die restourant berook en die volgende aan die mengsel aanspuit. Julle moet ook die kaste alles uitpak en die mengsel daarin aanwend sodat elke moontlike wegkruipplek behandel sal wees.

Een keer se effektiewe behandeling gaan die volwasse kakkerlakke binne ses na 8 dae uitwis en die jongetjies wat uitbroei sal ook uitgewis word deur die Starycide.

Geskryf deur dr. Gerhard Verdoorn, Griffon-inligtingsentrum.

3 November 2010


Kommentaar

Kommentaar (2) “Probleme met kakkerlakke

  1. gabriel smit
    gabriel smit

    Hi,
    Kakkerlakke kan effektief aangespreek word deur boorsuur [poeier] [boric acid] dun te strooi waar hulle voorkom. Die boorsuur vernietig enige gogga met ‘n eksoskeleton se maagwande, so vrek hulle dan. Die insekte loop oor die boorsuur, maak hulself dan skoon [dis hoekom sommige dink ‘n kakkerlak is kastig so skoon…] en kry dit so in hulle lywe. Boorsuur is omtrent so giftig soos tafelsout en jy sal dit in meeste apteke, supermarkte en van omtrent alle chemiese verskaffers kry. Dit werk solank as wat dit daar le en die diere daarmee in kontak kom; so kan jy honderde [duisende?] rand spaar, ekovriendelik wees en dit self doen!
    seen
    gabriël

  2. gabriel smit
    gabriel smit

    hallo!
    met betrekking tot my nota oor ekovriendelike en uiters effektiewe bestryding van kakkerlakke hierbo, sien asb ook kakkerlakke.co.za
    seen
    gabriel smit


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X