Vra vir Faffa

Plantvergiftiging in perde

Vraag

More Faffa Ek skryf na aanleiding van die artikel in LBW van 21 Julie oor die Phalaris gras. Ek ondervind tans 'n problem met diere wat ook die stootsiekte het, hulle druk deur die kampe se omheinings en loop dan doelloos voort. Ons het al verskeie vrektes gehad en dit sonder sukses prober behandel. Na breinontledings gedoen is, is vasgestel dat dit die"Matricaria Nigellifolia DC" of ook bekand as die "Cotula Nigellifolia DC" plant is wat die sterftes veroorsaak. Ek het gaan ondersoek instel en wel heelwat van hierdie plant ontdek in die rivier wat deur my grond vloei en dit is spesifiek aan die kamp waar die vrektes voorkom. Volgens die leesstof wat ek kon opspoor groei dit in die rivierbanke, veral die skadukant. Dit groei in die water en tot so 1m bodie oppervlak teen die bank. Dit blom van Oktober tot Julie. Hoe kan ek die plant bestry, op watter stadium van die plant is dit die meeste toksies en is daar enige behandeling vir die diere? Ek sal dit waardeer as u my so gou as moontlik met 'n direkte antwoord kan help, aangesien ek weet dat u seker eers oor 'n paar weke die brief in LBW sou behandel. Ek is desperaat. Groete Theuns de Jager 0729091861

Antwoord

Die gifstigste veldplant vir perde is sekerlik Senecio spesies wat die lewer affekteer.

By die kusgebiede vreet perde soms bobbejaantou (Cynanchum spp).

Ander algemene giftige veldplante en onkruide wat as kontaminante in hooi vir perde kan beland, is tulp (Moraea spp.), oliebome (Datura spp.) en tjienkerintjees (Ornithogalum spp.) en selfs wilde lusern (Crotalaria spp.).

Daar is ook al vergiftigings in perde aangeteken wat aangeplante grasweidings soos eenjarige en meerjarige raaigras en swenkgras (Festuca spp.) vreet.

Indien ‘n klein kampie oortrek is met ‘n onkruid, naamlik harige skaapslaai (Hypochaeris radicata), is ‘strighalt’ (‘n abnormale fleksie van die hakgewrig) al in perde beskryf.

Die ryp vrugte van Solanum spesies is minder giftig as die groen vrugte.

Perde is baie meer kieskeurig wat hulle vreet as herkouers, maar die vatbaarheid sal afhang van die spesifieke plant spesies en hoeveelheid wat gevreet word.

Aangeheg ‘n artikel wat meer inligting gee.

Geskryf deur:

Prof. Christo J Botha

Hoof: Departement van Parakliniese Wetenskappe

Fakulteit Veeartsenykunde

Universiteit van Pretoria

2 Augustus 2017


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X