Vra vir Faffa

Plaasvervanger vir Smutsvinger

Vraag

Ek wil 1ha Smutsvinger aanplant, maar Pannar het glo nie saad nie. My bestaande kampe het reeds Smutsvinger en ek wil nie graag verander nie. Die spesifieke kamp het ek alreeds voorberei vir 2015 planting, maar oorgelaat tot dié jaar a.g.v. die droogte. Is daar ’ n alternatiewe gras wat ek kan plant bv. Buffels? Ek is in Suid-Gauteng.

Antwoord

As jy van Smutsvinger hou, bly gerus daarby. Daar is ander Maatskappye wat saad sal hê.

Daar is egter ook niks fout met Witbuffelsgras (Panicum maximum) nie of ook met Rhodesgras (Chloris gayana) nie.

Wat ook baie gewild is, is om een van die volgende mengsels te plant:

Gelyke dele saad van:  Smutsvinger + Rhodesgras

Gelyke dele saad van:  Witbuffelsgras + Rhodesgras

Gelyke dele saad van:  Smutsvinger + Rhodesgras + Witbuffelsgras

Geskryf deur: prof. Chris Dannhauser, Weidingskundige (chriswei@vodamail.co.za)

 

14 Februarie 2016


Kommentaar

Een kommentaar op “Plaasvervanger vir Smutsvinger

  1. Etienne Biddulph
    Etienne Biddulph

    Goeie Middag

    Kontak vir Lodewyk Koch van Brasuda seeds. Kyk op hul Webwerf: http://www.brasuda.co.za

    Ek is ook in die proses om smitsvinger lande te vervang met hulle Witbuffel produk.

    Groete


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X