Vra vir Faffa

Permanente weiding vir skape in klein kampies

Vraag

Kan u asseblief raad gee. Ek het 1,4 ha grond in Amalia NW wat ek vir skape wil gebruik. Daar is water wat gebruik kan word vir spreiers. Ek wil 30 Dormer ooie en een ram daar laat loop in 'n kampiestelsel. Die grond wil ek verdeel in 20 kampies. My plan is dan om die diere vir 2 of 3 dae per kampie te laat wei teen 3 ure per dag. Daarna wil ek hulle uithaal en droë voer ad lib gee. Nou benodig ek asb. inligting vir wat die beste sal wees vir 'n permanente weiding wat ek die hele jaar sal kan benut. Is dit lusern? Vriendelike Groete. Saartjie.

Antwoord

Lusern is ‘n goeie keuse, maar as u net 3 ure per dag wil laat wei, is die kanse vir opblaas baie hoog. Lusern moet verkieslik voldag bewei word en plante moet verkieslik meer as 10% in blom wees (jong materiaal veroorsaak opblaas). Die standaardresep is om drie tipes weiding apart te hê.

  1. Somerweiding: Smutsvingergras of Kweek (wat goed doen vir skape). Kikoejoe kan goeie weiding bied, maar word nie vir skape aanbeveel nie weens probleme met interne parasiete en vrotpootjie wat ontstaan.
  2. Vir die lente en die herfs kan langswenkgras oorweeg word. Dit vra baie water, maar kan weiding vir ± 9 maande bied (sien bespreking hieronder).
  3. Vir die winter lewer eenjarige raaigras goeie weiding (sien bespreking hieronder)

EENJARIGE RAAIGRAS: (Lolium multiflorum)

 

Raaigras word in 2 groepe verdeel: Italiaanse en Westerworld raaigras. Eersgenoemde kan in die herfs en lente geplant word, terwyl laasgenoemde slegs in die herfs geplant word. 

               Reënval behoefte: 800 mm + (Verkieslik besproeiing)

 

Eenjarige Raaigras

Italiaanse Raaigras

Westerwolds Raaigras

Herfs aanplanting

Feb. – Apl.

Lente aanplanting

Aug. – Sept.

Plant slegs in Herfs

Feb. – Apl.

Produseer    herfs en vroeë winter, maar neem af in koue maande en produseer dan   saad. Kort groeisiklus

Blom & saadvorming eers na 15 – 18   mnde. Produksie   hoog in lente, en in die volgende jaar herfs en lente. Groei stop in 2de jaar   se Nov/Des

Lang daglengtes stimuleer blom &   saadvorming, dus in Nov/Des. Dan begin groei afneem en die weiding minder   smaaklik raak. Bied weiding van Apr/Mei tot Nov/Des. Beste in mid-winter

Diploïde   kultivars:

NCD   Enhancer, Exalta, Moata

Diploïde   kultivar:

Agri-Hilton

Tetraploïde   kultivar:

Jeanne

Tetraploïde   kultivars:

Jivet,   Energa, Captain.

 

  • Hoog produserende smaaklike weiding wat hoë veeladings kan dra.
  • Hoof plantseisoen Maart tot Mei, terwyl Italiaanse tipes ook in September/Oktober geplant kan word.
  • Besproeiing en kunsmis is noodsaaklik vir hoë produksies, terwyl rotasiebeweiding (kampe) noodsaaklik is vir oorlewing (21 – 28 dae rus)
  • Verkies leemgronde (Hutton) tot los goed gedreineerde kleigronde.

 

Plantdigtheid: 25 kg/ha.

Hooi: 8 – 16 t/ha

Weikapasiteit:

5 – 6 GVE/ha per dag

 

LANGSWENKGRAS: (Festuca arundinaceae)

Kultivars:

     Amelie (hele SA) en Emmeraude (Oos-Kaap)

Kompeterende kultivars:

          Ferugo, Dovey, AU Triumph ens.

 

Reënvalbehoefte: 850 mm + (Verkieslik besproeiing)

 

  • Baie goeie weiding, maak ‘n uitstekende staande hooi en hooi. Dit kan ook ingekuil word. Op sy smaaklikste voor saadstadium.
  • Plant April/Mei (Maart in koue areas), asook in Sept/Okt. indien geen onkruide teenwoordig is nie. Die gras is baie gevoelig vir onkruidkompetisie.
  • Vermy te kort beweiding gedurende die warmste maande, vir die res van die jaar puik weiding. Kan droëland in vleie en hoë reënval (800mm) areas geplant word, maar doen baie goed onder besproeiing.
  • Doen goed in leem tot swaar kleigrond en kan versuip toestande vir redelike tye oorleef.

 

Plantdigtheid: 20kg/ha.

Hooi: 8 – 16 t/ha

Weikapasiteit: 3.5 GVE/ha

 

Geskryf deur: prof. Chris Dannhauser, Weidingskundige (chriswei@vodamail.co.za)

 

3 November 2013


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X