Vra vir Faffa

Perde sukkel met knieë

Vraag

Twee perde van 'n leser sukkel met seer knieë. 'n Veearts gee raad.

Antwoord

Vraag:
Ek het ‘n volwasse Arabierperd-reun en ek vermoed een van die ander perde het hom geskop op die agterknie. Ek het hom al op ‘n kursus equipalasoon en fenielbutasoon gehad om die inflammasie op te klaar, maar die been bly geswel en warm. Daar is ‘n stukkende plek waar daar etter uitkom en ek het hom op ‘n kursus duplocillin ook gehad, maar sonder sukses. Dis ‘n goeie uithourit-perd en ek het hom nou op stal om te rus vir ‘n jaar lank. Wat kan ek doen om die been reg te kry? Ek het ook ‘n 2 jaar oue hings vul wie se agterknieë sluit. Wat staan my te doen, behalwe om die perd te lons?- Jomari Badenhorst (jomari@polka.co.za)

Antwoord:
Ek beveel aan dat jy so gou as moontlik jou plaaslike veearts kontak om jou volwasse Arabierperd met die geswelde knieë te kom ondersoek en X-strale te neem. U perd het duidelik ‘n erge besering. Moontlike oorsake, sluit frakture, ‘n dooie stukkie been as gevolg van ‘n skop op die knie, of ‘n infeksie in wat weerstandig is teen Duplocillin.

Oefening is die beste behandeling vir u perd met die agterknieë wat sluit. Sodra die perd se quadriceps– spiere versterk word met oefening, sal die kondisie verbeter.

 

  • Geskryf deur: Dr Carolyn Chelchinskey, Intervet

    11 Augustus 2007


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X