Vra vir Faffa

Perd se ore sweer

Vraag

Dié perd se ore sweer en het infeksie.

Antwoord

Vraag:
Die perd het ‘n probleem met haar ore. Dit sweer en na behandeling gaan dit weg, net om oor ‘n maand of so terug te keer. Ons het haar Ivomec en pennisilien gespuit, en selfs Vulketan uitwendig aangewend, maar niks help nie. – Anneri Potgieter (wolk0001@mweb.co.za)

Antwoord:
Ek sal sterk aanbeveel dat jy ‘n veearts vra om die perd se ore goed te ondersoek. Die mees algemene oorsaak van probleme by perde se ore, is bosluise. Dit kan behandel word deur die oorkanaal deeglik skoon te maak en dan bosluisghries aan te wend. Indien daar egter ‘n bakteriese infeksie in die oor is, is dit verkieslik dat ‘n veearts die nodige behandeling sal toepas.

 

  • Dr. Carolyn Chelchinskey, (Intervet)

    7Augustus 2006


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X