Vra vir Faffa

Perd loop in sirkels, deur drade

Vraag

"My perd loop in sirkels en deur heinings. Wat kan die oorsaak wees?" vra 'n leser.

Antwoord

Vraag:
My perd loop in sirkels en deur heinings. Kan dit plantvergiftiging wees en wat kan u aanbeveel? Die perd lyk soms of hy dronk is. Kan dit moontlik veroorsaak word deur bosluise? – Gert Odendaal (gert@ecac.co.za)

 

Antwoord:
Beste Gert. Die perd wys senu-simptome en dit is baie ernstig. Daar kan verskeie redes wees vir dié gedrag. Buiten die infeksiesiektes, soos herpes-virus is daar ook sekere gifstowwe wat dié tekens kan veroorsaak. Senecio of die sogenaamde dunsiektebossie veroorsaak lewerskade in perde. As gevolg van die lewerskade kan sekere gifstowwe nie uitgeskei word nie en dit tas weer die brein aan. Ons sien dan dat perde vermaer, doelloos rondloop en dom voorkom. Uiteindelik vrek hulle.

Indien perde swambesmette mielies gevreet het, kan hulle ook senusimptome wys. Dit word veroorsaak deur die swam Fusarium verticillioides wat op mielies groei. Jy het ongelukkig nie meer inligting gegee om ‘n nader diagnose te maak nie. Dit is belangrik dat jy ‘n veearts kontak wat gereeld met perde werk.

 

  • Geskryf deur: Dr. Carolyn Chelchinskey en prof. Neil Fourie, Intervet

    23 Januarie 2007


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X