Vra vir Faffa

Perd het saalseer

Vraag

My perd het 'n saalseer op sy skof gekry, en dié seer het oopgegaan. Wat kan ek gebruik om die wond vinnig toe te maak? - Willie Pieterse (Botter1@telkomsa.net)

Antwoord

Vraag:
My perd het ‘n saalseer op sy skof gekry, en dié seer het oopgegaan. Wat kan ek gebruik om die wond vinnig toe te maak? – Willie Pieterse (Botter1@telkomsa.net)

Antwoord:
Die belangrikste is om te sorg dat indien daar ‘n infeksie met moontlike vlieëmaaiers in die wond is, dit so gou moontlik opgeklaar word. ‘n Goeie, ou beproefde middel is akriflavien in gliserien (2,5 % oplossing) wat u apteker vir u kan aanmaak. Spuit of smeer die vloeistof elke dag in die wond in. Na ongeveer 3 dae behoort die wond skoon te wees. Koop dan ‘n goeie speensalf by u koöperasie en smeer die salf daagliks in die wond.

Die perd kan ook vir 3 dae met antibiotika behandel word indien infeksie teenwoordig is. Raadpleeg u veearts vir verdere inligting.

* Geskryf deur dr. Faffa Malan met inligting verskaf deur prof. Sybrand van den Berg.

25 Julie 2005


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X