Vra vir Faffa

Perd bly gewig verloor

Vraag

My perd TB x QH 16 jaar, bly gewig verloor. Hy word gereeld ontwurm (elke 6 maande) met verskillende ontwurmingsmiddels en sy tande is gedoen. Hy was 6 maande terug nog rond en vol lewe gewees. Hy vreet Alzu se 12 % maize free kos 7 kg per dag en kry tef in die aand. Deur die dag wei hy op gemengde gras soos smutsvinger, oulandsgras en eragrostis. Hy is 16.2 hh. Tussen sy maats is hy nog himself, maar maer! Ek het laas maand vitamine en minerale met “codliver” oil in sy kos gemeng, maar niks het verander nie. Help asb. - Benita (benitabeukes@gmail.com)

Antwoord

Daar is gewoonlik twee dinge wat perde gewig laat verloor.  Die een is parasiete, soos wurms, en die ander is die perd se tande.  As die perd elke 6 maande ontwurm is met ’n goeie ontwurmingsmiddel, stel ek voor dat jy ’n veearts kry om na die perd se tande te kyk.  Baie keer moet die tande gevyl word om die tandhoeke minder skerp te maak, sodat die perd beter kan eet.
As hy daarna nog steeds nie gewig optel nie, stel ek voor dat die veearts ’n paar bloedtoetse doen om vas te stel of daar nie ’n ander onderliggende probleem is nie.

Geskryf deur: dr. Johan Marais, Fakulteit Veeartsenykunde, Universiteit van Pretoria. (jmarais@up.ac.za)
18 Julie 2009

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X