Vra vir Faffa

Pasteurella

Vraag

Ek ondervind die laaste tyd baie vrektes onder my skape. Die nadoodse ondersoeke wys daarop dat die oorsaak pasteurellose is. Waar kom die Pasteurella-kieme vandaan?

Antwoord

Vraag:
Ek ondervind die laaste tyd baie vrektes onder my skape. Die nadoodse ondersoeke wys daarop dat die oorsaak pasteurellose is. Waar kom die Pasteurella-kieme vandaan?

Antwoord:
Pasteurellose is ‘n dodelike siekte wat hoofsaaklik deur die bakterieë Pasteurella haemolytica en Pasteurella multocida veroorsaak word. Die bakterieë kom normaalweg op die slymvliese van die neus, keelholte en lugpyp van gesonde diere voor.

Onder gunstige omstandighede vir die bakterieë soos bv. stres, stof, verswakking van diere wat onder andere deur droogtes veroorsaak word, groot skommelings tussen dag- en nagtemperature en die gelyktydige voorkoms van ander virussiektes, kry die Pasteurella-bakterieë kans om te vermenigvuldig. Die gevolg is dat diere siek word, swaar asemhaal en selfs vrek.

By diere sien ‘n mens dikwels by nadoodse ondersoeke dat die longe aan die binnekant van die ribbes vasgroei, ‘n ander is gevlekte longe wat boere bontlong noem. Jong lammers (5 tot 7 maande) kan skielik vrek sonder enige van die bekende tekens van pasteurellose. Boere verwar die siekte baie keer met bloednier, aangesien die niere vergroot en bloederig is.

As ‘n voorkomingsmaatreël word inenting met Multivax P (Reg. No. G1517 Wet 36/1947, Namibia Reg. No. N-SR 0841) aanbeveel. Behandeling van die siekte kan met die volgende produkte gedoen word: Reverin 100 (Reg. No. G2871 Wet 36/1947, Namibia Reg. No. N-SR 1109) of Disulfox LA (Reg. Nr. G3212 Wet 36/1947, Namibia Reg. No. N-SR 0843).

7 Januarie 2005


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X