Vra vir Faffa

Pasteurella multocida en Mannheimia haemolytica (pasteurellose)

Vraag

Ons het ‘n voerkraal en as verslae van nadoodse ondersoeke terugkom, word die oorsaak van vrektes dikwels aangegee as Pasteurella multocida of Mannheimia haemolytica. Vertel my meer van hierdie bakterie?, asseblief.

Antwoord

Albei veroorsaak gewoonlik longontsteking en hulle het eienskappe in gemeen, maar daar is ook verskille tussen hulle, veral t.o.v. inenting.

Pasteurella multocida
Pasteurella multocida (‘n bakterie) word verdeel in 5 kapsulêre tipes, A, B, D, E en F (Navorsing het bewys dat die oorspronklike tipe C  nie ‘n afsonderlike tipe is nie en is dus uitgelaat.) Die identifikasie van die  kapsulêre tipes word gebruik om vas te stel watter P. multocida stamme siekteverwekkend vir soogdiere is.
Die kapsules is nie so belangrik in P.multocida wat vo?ls (pluimvee) aantas nie. Hierdie voëlkiemstamme word uitgeken aan hulle somatiese tipes nl. tipes 1 tot 16. Om ‘n stam meer akkuraat te tipeer, kan beide die somatiese en kapselsisteem gebruik word. Hemoragiese Septisemie (bloedvergiftiging) in soogdiere word merendeels geassosieer met tipes B:2 en E:2.
Beeste, skape en varke in Suid-Afrika word gewoonlik deur tipes A of D aangetas. Hierdie twee tipes veroorsaak dikwels longontsteking in herkouers en tipe D word ook geassosieer met Progressiewe Atrofiese Rinitis (PAR) in varke, waar die snoet skeef groei.
Die skaars tipes B en E word geassosieer met Hemoragiese Septisemie. Hemoragiese Septisemie is grotendeels in ons land onbekend, maar kom in die res van Afrika, veral die nat en warm tropiese dele, voor. Besmette diere vrek gewoonlik skielik, maar ander haal swaar asem, het ‘n hoë koors, toon ‘n swaar neusuitloopsel en die kwyl skuim. Wanneer die karkas ondersoek word, word groot en klein bloedings in al die organe en spiere gesien. Wees egter versigtig wanneer so ‘n karkas ondersoek word, want alhoewel Hemoragiese Septisemie nie aansteeklik vir mense is nie, is daar ‘n aantal gevaarlike siektes is, soos Slenkdalkoors en miltsiekte, wat dieselfde bloedings mag toon.   Tot en met die 1990’s was tipe B in Asi? gevind en tipe E in Afrika. Egipte, die brug tussen Asi? en Afrika, was die uitsondering in Afrika en beide B en E het slegs daar voorgekom.
Suid-Afrika was oor die algemeen vry van Hemoragiese Septisemie en slegs sporadiese gevalle van tipe E was aangeteken, gewoonlik in areas langs die grense van die land. Gedurende die laat 1990’s en vroe? 2000’s is gevalle van Hemoragiese Septisemie as gevolg van tipe B:2 in Namibi? en Zimbabwe gevind. Suid-Afrika het vry van tipe B gebly tot 2008, toe tipe B in buffels vasgestel is.
 Entstowwe
Daar is slegs een entstof in Suid-Afrika beskikbaar wat P. multocida bevat en dit is die gewone Pasteurella entstof wat deur Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) vervaardig word. Hierdie entstof bevat Pasteurella multocida tipes A, D en E asook Mannheimia (Pasteurella) haemolytica  tipe 1. Immuniteit wat opbou na inenting beskerm beeste goed teen die verskillende P. multocida tipes wat in Suid-Afrika in beeste gevind word. As die tipe B wat in buffels gevind is egter beeste besmet, sal daar geen effektiewe kruisbeskerming wees nie.
Die gebruik van die entstof en die graad van beskerming wat die entstof in wild verleen, is onbekend.
Mannheimia haemolytica
Inenting teen M. haemolytica verskil totaal van dié teen P.multocida. Die ou entstowwe wat op die bakteriële serotipes as antigene staatgemaak het, was slegs gedeeltelik effektief. Die nuwe entstowwe wat leukotoksien (gifstof wat deur M. haemolytica afgeskei word om witbloedsellee te dood en ge?naktiveer is deur formalien) bevat, is baie effektief in beeste. Daar is egter geen kruisbeskerming tussen die leukotoksien entstowwe en P. multocida nie. Die rede is omdat P. multocida nie dieselfde leukotoksien as M. haemolytica produseer nie.
Die virulensie (uitwerking op die dier) van die Pasteurella/ Mannheimia/ Actinobacillus/ Haemophilus  groep bakterie? is afhanklik van die bakterie se selwand en kapsel, asook ‘n hele verskeidenheid gifstowwe wat die bakterieë uitskei. Almal saam word as virulensiefaktore beskou.
Die produksie van virulensiefaktore is ingewikkeld en die patogeniteit (siekteveroorsakende vermo?)   van ‘n spesifieke stam word bepaal deur die samewerking van al die faktore. Die  ingewikkelde samewerking word tans uitgepluis deur vele groepe van navorsers, maar dit is ‘n baie moeilike taak wat nog lank gaan neem. Al die bakterieë in die groep kom normaal in klein getalle op slymvliese voor en die groot vraag is – hoekom en hoe vermenigvuldig hulle om longontsteking te veroorsaak?  Die jongste sukses wat behaal is, is die leukotoksien gebaseerde entstowwe wat ‘n reuse positiewe effek op beeste se gesondheid in voerkrale bewerkstellig het en die entstof teen longontsteking in kinders wat veroorsaak word deur die bakterieë Haemophilus influenzae.
 Geskryf deur: dr. Marijke Henton, Veearts en bakterioloog, Idexx laboratoriums (www.idexxsa.co.za) (maryke@idexxsa.co.za)
Lees ook:
         Bees hoes bloed
         Pasteurella
         Entstof vir pasteurellose
30 Desember 2011

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X