Vra vir Faffa

Pasteurella en longontsteking: Dieselfde siekte?

Vraag

Is pasteurella en longontsteking dieselfde siektetoestand?

Antwoord

Vraag:
Is pasteurella en longontsteking dieselfde siektetoestand of gee die een aanleiding tot die ander? – Alfons Ferreira (alfonsf@vkb.co.za)

Antwoord:
Lees ook antwoorde:

Pasteurella van 27/3/2006, Pasteurella-inenting en Pasteurella-inenting: Wanneer van 27/3/2006.

Pasteurellose is slegs een van die tipes longontstekings. Dit beteken dat longontsteking in hierdie geval spesifiek veroorsaak is deur een van die "pasteurella" groep van bakterieë. Die twee mees algemene kieme tersake by skaap pasteurellose is gewoonlik Mannheimia haemolytica of Pasteurella trehalosi. [Ander oorsake van uiteindelike longontsteking (pneumonie) by skape is bv. jaagsiekte (veroorsaak deur ‘n Oncovirus); skaap-progressiewe-pneumonie oftewel Maedi-visna oftewel Zwoegersiekte ( veroorsaak deur ‘n Lentivirus), longabsessasie ( veroorsaak deur Corynebacterium pseudotuberculosis, Arcanobacterium pyogenes of Mycoplasma spp) en longwurms.] Longontsteking is dus ‘n sindroom wat deur verskeie agente veroorsaak kan word, almal wat uiteindelik lei tot longontsteking.

Die spesifieke oorsaak moet deur ‘n veearts, meesal met addisionele laboratorium toetse, vasgestel word, aangesien die behandeling asook voorkomende maatreëls verskil van veroorsakende agent tot agent.

Multivax P of Multivax P Plus jou in staat stel om pasteurellose longontsteking te help voorkom.

 

  • Geskryf deur dr. Riaan du Preez, Intervet.

    28 Augustus 2006


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X