Vra vir Faffa

Ou-plaassiekte

Vraag

Na aanleiding van die onlangse vraag oor watter siektes deur bokke na beeste oorgedra kan word, het ek `n paar vrae. Tans word daar `n gedeelte van ons grond aan `n boer met vreeslik baie, sal ons maar se lokasie-bokke verhuur. Jy weet mos nou nie van waar al die bokke en wat hul alles saam bring nie en dit is `n hartwatergebied. Die plan is om in die toekoms ons eie stoetbokke en beeste ook daardie gedeeltes te laat bewei. Is die kool nou die sous werd om die grond te verhuur as jy dalk self oor `n paar jaar meer skade kan optel met `n plek wat dalk besmet sou word? Is dit moontlik vir `n siekte/verskynsel om te "oorleef" al word dit vir `n tyd lank onbewei gelaat? Vir hoe lank sal so `n siekte voortbestaan en hoe lank moet so `n stuk grond staan om "skoon" te wees? Sou dit enigsins help om die plek te brand? Ek dink maar aan iets waarvan ek al baie gehoor soos “ou-plaassiekte”.

Antwoord

Die term “ou-plaassiekte” is afkomstig van gevalle waar boere ‘n baie verwaarloosde plaas koop of terugneem na verhuring. Diere word ingebring en na ‘n paar weke begin diere siek word of vrek – vandaar die naam “ou-plaassiekte”.

Hier word ‘n aantal siektes, vergiftigings of ander toestande, wat in gedagte gehou moet word as diere op so ‘n plaas ingebring word, genoem:
Bakteri?le siektes
Spore van miltsiekte bakterie? kan vir honderde jare in die grond oorlewe en daarom moet alle beeste jaarliks voorkomend teen miltsiekte inge?nt word.
Brusellose (besmetlike misgeboorte) kieme kan vir tot 2 maande in dro? grond oorleef, in water tot 8 maande en vir 3 tot 4 maande in mis.
Klostridiale bakterie? wat aan suurstof blootgestel word, vorm ook spore en kan vir jare in die grond oorlewe. Daarom is dit belangrik dat beeste jaarliks teen sponssiekte veroorsakende bakterie? inge?nt word.
Kieme (klem-in–die-kaak kieme, kieme wat absesse veroorsaak)  kan in krale en klein kampies, waar ooie elke jaar gelam het, opbou en daarom moet diere liefs in die toekoms in ander kampe kalf en lam.
Krale en drukgange behoort ontsmet te word deur mis te verwyder. Indien daar sementvloere is, was met formalien.
Maak seker dat die septiese tenks behoorlik werk sodat diere nie in aanraking met besoedelde afloopwater kom nie (E.coli en Salmonella infeksies).
Vergiftigings
Dikwels word diere vergiftig deurdat hulle toegang het tot ou ashope en vullisgate. Voorbeelde van sulke vergiftigings is loodvergiftiging weens ou loodplate van batterye, organofosfaat- en koolwaterstofvergiftiging (DDT en dieldrin) weens ou houers van dipstowwe, arseenvergiftiging (geelpoeierverpakkings) en springdippe wat nog op plase voorkom en 1080 wat vir ongediertebeheer gebruik is.
Lamsiekte-uitbreke het ook al voorgekom waar karkasse nie begrawe is nie en waterbronne deur dooie karkasmateriaal besoedel is.
Plantvergiftigings soos bv. gifblaar, gousiekte, vermeerbos, sprinkaanbos, bitterbossie, plante wat blousuur kan veroorsaak soos kweek en plakkies kan op uitgetrapte veld vrektes veroorsaak. Lantana– en inkbessievergiftigings is ‘n al hoe groterwordende probleem. Tulpvergiftiging kan ook vrektes veroorsaak as diere in die vroe? lente op die plaas ingebring word, aangeien dit dalk al groenigheid op die ou lande mag wees.
Nitraatvergiftiging kan ook voorkom op ou land wat hoog bemes is en onkruide soos varkbossie (Amaranthus spp.) die nitrate uit die grond uit opneem.
Let op of daar nie dalk kuilvoer of hooi met swambesmettings voorkom nie.
Indien mynbedrywighede op die grond plaasgevind het, is dit moontlik dat swaarmetaalvergiftiging kan voorkom. Toets of die water wat vir veesuipings gebruik gaan word, veilig is.
Maak ook seker dat daar nie giftige alge in damme teenwoordig is nie.
Werf
Tel plastiese sakke, baaltou, ou drade en skerp voorwerpe op wat deur diere ingeneem kan word of hulle kan beseer. Strikke mag ook gestel wees en moet verwyder word. Skerp voorwerpe soos sinkplate mag speenbeserings veroorsaak. Maak ook seker dat gate toegemaak word sodat diere nie daarin kan val of beseer raak nie.
Store
Diere is al vergiftig deurdat hulle toegang gekry het tot ureum en ander kunsmissakke in ou store. Daar is gevalle waar grane in ou store opgeberg is en diere hulle oorvreet het. Vlooie mag ook ‘n probleem wees in die plaashuis, skure en kalwerhokke wat leeggestaan het.
Tuine
Om opstalle kan diere toegang tot gifplante kry wat tot vrektes kan lei, voorbeelde is: Ceylonsroos en Tjienkerentjee.
Parasiete
Bosluise wat besmet is met siektes soos hartwater en rooiwater kan nog vir maande op die weiding oorleef. As vatbare diere ingebring word, kan vrektes voorkom.
Skaapbrandsiektemyte kan nog vir 13 dae in wolstukkke op drade en krale oorleef en besmetlik vir skape bly.
Wees versigtig dat skape nie met weerstandbiedende wurmlarwes besmet raak as hulle veral op kikoejoeweiding wei nie. Veral klam en nat plekke moet aanvanklik vermy word.
Grond en weiding
Dit sal raadsaam wees om grond en weidingsanalises van die plaas te laat neem sodat vasgestel kan word watter drakrag die weiding het en watter voedselaanvullings gegee moet word.
Drade en watervoorsiening
Gaan drade en waterkrippe na en herstel indien nodig.
Geskryf deur: dr. Faffa Malan, Veeartskonsultant (dokfaffa@nashuaisp.co.za) en dr. Chris van Dijk, Pfizer (chris.vandijk@pfizer.com)
1 Desember 2011

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X