Vra vir Faffa

Organiese vleis

Vraag

Watter premie kan ek vir voerkraalgeproduseerde beesvleis sonder groeistimulante vra teenoor vleis met groeistimulante?

Antwoord

Daar moet duidelik onderskei word tussen organiese vleis, natuurlike vleis (“natural beef”) en veldvleis (“grassfed beef”).

 
 Organiese vleis
 Volgens VSA riglyne behels “certified organic meat” die volgende:
1)    Diere is gebore en grootgemaak op gesertifiseerde organiese weidings
2)    Geen antibiotika
3)    Geen groeibevorderings hormone
4)    Word slegs op organiesgeproduseerde graan en gras gevoer
5)    Onbeperkte weiruimte.
 
Daar bestaan baie streng regulasies in die VSA en die EU waaraan voldoen moet word om gesertifiseerde organiese vleis te produseer. In Suid-Afrika bestaan daar nog nie ‘n organisasie wat hierdie standaarde kontroleer nie. Die vraag na organiese vleis het sedert 2000 (ná uitbreke van malkoeisiekte en bek-en-klouseer) geweldig gegroei in Brittanje en Europa, terwyl Amerikaanse verbruikers ook toenemend daarvoor vra.
 
Natuurlike vleis
 
Organiese vleis en natuurlike vleis word dikwels as dieselfde beskou. Laasgenoemde is egter vleis wat geproduseer word sonder die byvoeging van antibiotika en groeistimulante. Die streng regulasies van organiese vleis geld nie hier nie.
 
Vleis van die veld
 
In die RSA word hierna gewoonlik verwys as veldvleis en dit impliseer dat diere op veld grootgemaak en afgerond word met natuurlike produkte. Alhoewel verskeie rasgenootskappe reeds met sulke programme begin het, het meeste misluk as gevolg van volhoubaarheid. Daar is ook ‘n weerstand ( ongegrond) teen geel vet van beeste wat op veld afgerond word.
 
Prys
 
Dit is werklik baie moeilik om ‘n prys vas te stel. Baie verbruikers is bv. onder die indruk dat organiese produkte 50 % duurder is as ander produkte. Verder is dit so dat prys ‘n baie belangrike rol speel en kan ‘n mens maklik jou mark verloor met ‘n te ho? prys. Verbruikers moet besef dat natuurlike vleis geproduseer word en dat die produksiekoste ho?r is a.g.v. byvoorbeeld die afwesigheid van groeistimulante. Volgens al die inligting beskikbaar moet ‘n prys van 15 – 20 % meer gevra word vir natuurlike vleis.
 
Inligting
Daar is ook baie inligting beskikbaar op hulp.landbou.com
 
Geskryf deur: dr. Hannes Dreyer, Veekundige (hannesdreyer@vodamail.co.za)
 
26 Februarie 2012

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X