Vra vir Faffa

Ore sweer

Vraag

Nadat die koei 'getag' is het die oor begin sweer. Behandeling het nie veel gehelp nie en die ander oor wat niks makeer het nie, begin nou ook sweer. Wat kan ons gebruik om dit te behandel asb.

Antwoord

Dit is baie belangrik dat alle toerusting (soos bv. oorplaatjietange, oorinplantaattange) deeglik ontsmet word voor gebruik. Naalde en spuite moet gesteriliseer word voor gebruik. Daar is baie kieme in die omgewing (stof, mis) en vlieë speel ‘n groot rol in kiemoordraging.

Waar ‘n infeksie reeds voorkom, moet die wond goed ontsmet word met ‘n ontsmettingsmiddel soos bv. Savlon of Hibitane. Spuit daarna ‘n antiseptiese sprei op die wond wat ook ‘n vliegafweermiddel bevat soos bv. Difly Wound spray (G2155)
Indien erge ontsteking voorkom, kan die dier ook met antibiotika behandel word. Indien daar erge verswerings en absesse in die kudde voorkom, kan van die etter vir kweking weggestuur word om vas te stel watter kiem betrokke is en diere kan dan voorkomend ingeënt word. Skakel u veearts om u daarmee te help.
Lees ook die volgende antwoorde wat reeds verskyn het:        
        Vrae oor Corynebacterium
         Swere en siste
         Koei se neus bloei
         Sitsiekte by vee
Geskryf deur: dr. Faffa Malan, Veeartskonsultant.
18 Januarie 2010

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X