Vra vir Faffa

Opbrengs van Oulandsgras

Vraag

Ek wil graag Oulandsgras aanplant. Kan iemand my dalk sê wat is die gemiddelde bale per hektaar wat afgehaal word en moontlik ook pryse van die grassoort? Ek weet dit hang ook af van hoeveel bemesting gegee word.

Antwoord

 

Soos die navraer aangedui het bepaal bemesting en reënval die opbrengs van Oulandsgras. Hier volg drie voorbeelde soos verstrek deur Rethman (1975). Dit is totale produksie vir ‘n volle seisoen:
Grondsoort
Jaarlikse reënval (mm)
600
800
1000
Vlak Longlands, Wasbank, ens.
6 t/ha
8 t/ha
10 t/ha
Diep, Hutton
6 t/ha
12 t/ha
18 t/ha
Arcadia
4-6 t/ha
8-10 t/ha
 
Dieselfde outeur dui verder aan dat 100 kg stikstof per ha nodig is on 5 t/ha hooi te produseer en met 200 kg stikstof per ha kan 10 t/ha verwag word. Vir hoër opbrengste moet hoër bemes word, maar dan moet die ekonomie daarvan deeglik oorweeg word.
 
Die prys van oulandsgrassaad is in hierdie stadium tussen R50 en R65 per kg. Die saaidigtheid wissel tussen 2-4 kg/ha, by laer reënval, en 6-8 kg/ha by meer as 850 mm reënval per jaar. Boere gebruik  soms ook ‘n mengsel van oulandsgras en tef vir vinniger vestiging.
Geskryf deur: prof. Chris Dannhauser, Weidingskundige (chriswei@vodamail.co.za)
10 Mei 2010
 

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X