Vra vir Faffa

Oorskakel van skape na beesboerdery

Vraag

Hello Wat is die beste manier om van skaapboerdery oor te skakel na beesboerdery,om nog steeds n konstante inkomste te kry?Ons grens aan natuurbewaring en sukkel met ongediertes,beeste kan dalk beter werk as daar n manier is om dit suksesvol oor te skakel. Het jy vir my raad of n website waar ek meer inligting kan kry? Groete Handrey

Antwoord

Enige strukturele verandering in ‘n boerdery gaan onvermydelik gepaard met ‘n tydelike verlies aan kontantvloei. Skape het ‘n baie kort produksiesiklus terwyl beeste se siklus bietjie langer is. Gevolglik gaan jou kontantvloei tydelik daaronder lei. Jou beste opsie is om swaar dragtige koeie te koop sodat jy baie vinnig weer in produksie kan kom. Vir die eerste kalfseisoen kan jy ten minste seker maak dat jy ‘n 100% kalfpersentasie het deur seker te maak al die koeie is dragtig. Op die ou einde is dit dalk steeds die moeite werd om eerder tydelik inkomste in te boet as wat die ongediertes in elk geval ‘n deel van jou huidige inkomste verorber.

* Geskryf deur dr. Philip Theunissen


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X