Vra vir Faffa

Ooie se kondisie verbeter nie

Vraag

Ek het ‘n paar skaapooie in my kudde wie se kondisie nie verbeter nie. Ek ontwurm gereeld, alle entings is op datum en hulle het toegang tot ‘n proteїeneblok. Hawer en geelmielies kry hulle as byvoeding. Die ooie se lammers is reeds 2 maande terug gespeen. Die res van my kudde se kondisie is mooi.

Antwoord

Om hierdie vraag te beantwoord, word die volgende inligting benodig:

  1. 1.     Hoeveel proteїenblok en mielies word per dier per dag gevoer?
  2. 2.     Is die groenhawerweiding of droë hawerweiding of is dit hawerpitte.  Indien dit weiding is, hoeveel is beskikbaar?
  3. 3.     Indien dit hawerpitte is, hoeveel word per skaap per dag gevoer?
  4. 4.     Is daar voldoende vreetspasie sodat al die skape gelyktydig kan vreet?
  5. 5.     Wat is die entingsprogram wat gevolg word?
  6. 6.     Is daar Johne’s siekte in die omgewing?
  7. 7.     Indien daar gereeld ontwurm word, kan geselekteer word vir parasietweerstand. Is daar al miseiertellingreduksie toetse (METRED) gedoen om te bepaal watter wurmmiddelgroepe op die plaas nog effektief is?
  8. 8.      Word daar gereeld nadoodse ondersoeke deur ‘n veearts gedoen? Rede om teenwoordigheid van inwendige absesse, ander oorsake  en parasiete op te spoor.

 

Groete.

 

Jasper en Faffa

 

Dr. Jasper Coetzee

Jasper Coetzee Consulting

Pr.Sci.Nat. (Anim.Sci.) Ph.D. (Agric.) Stellenbosch

Skaapvoeding- en Bestuurspesialis Konsultant

Professionele Veekundige (400328/83)

Adres: Posbus 12022, Die Boord, 7613

E-pos: jasperco@iafrica.com

Sel: 076 846 8800

 

Dr. Faffa Malan

Veeartskonsultant

dokfaffa@nashuaisp.co.za

 

28 Oktober 2016


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X