Vra vir Faffa

Ontsmetting van lamhokke

Vraag

Hoe word lamhokke ontsmet?

Antwoord

Met lamhokke is daar altyd die risiko van siektes as gevolg van die opbou van kieme. Om die uitbreek van siektes te voorkom, moet lamhokke eerstens goed kan dreineer. Wanneer die lamseisoen ‘n aanvang neem, moet CLC gebluste boukalk in die hokke gestrooi word voordat skoon strooi, saagsels of ander lae graadse hooi as beddegoed in die lamhokke gegooi word. Die ideaal is om, wanneer ‘n ooi en haar lammers van ‘n lamhok na die weiding geskuif word, die hok eers skoon te maak, weer kalk te strooi en skoon beddegoed in te gooi voordat die volgende ooi in die hok geplaas word. Na die lamseisoen moet die hokke skoon gemaak word en deeglik met ‘n ontsmettingsmiddel (bv. F10) ontsmet word. Die ideaal is om gedurende die lamtyd, voordat ‘n volgende ooi in ‘n hok geplaas word, die hok ook eers so te ontsmet, maar in die praktyk is dit dikwels nie moontlik nie en word dit meestal net aan die einde van die lamseisoen gedoen.

Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 
22 Mei 2010
 

Kommentaar

Kommentaar (2) “Ontsmetting van lamhokke

  1. hans koen
    hans koen

    Wat is F10 en waar is dit te kry

  2. hans koen
    hans koen

    Faffa dankie vir goeie raad en inligting
    Ek het n vraag oor hoenders ek het so 20 rhode island reds in n kamp wat dan in n hok slaap snaaks slegs n paar van hulle het al vere die ander is so te se kaal en nou gebeur dit dat eiers stukkend gepik word en die inhoud gevreet word ek probeer nog bepaal is dit die henne self of dalk iets anders maak hoekom dan vere loos


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X