Vra vir Faffa

Onthoring van kalwers

Vraag

Hoe weet 'n mens wanneer 'n kalf korrek onthoring is?

Antwoord

Vraag:
Sonder om die kalf te onderwerp aan oormatige skade tydens die onthoringproses, wil ek graag weet waarna om op te let om te weet dat ek nou genoeg gebrand het? – Dr. A.F. Saaijman (saaijman@saaijmangrey.co.za)

Antwoord:
Daar is geen manier waarop ‘n mens kan sê, hoeveel sekondes om te brand nie, aangesien daar soveel veranderlikes is wat dit beïnvloed (hitte van yster, wind, lê kalf stil, ens.). Indien omstandighede reg is (kalf is goed geïmmobiliseer, yster warm genoeg, ens,), is die hele proses binne sekondes afgehandel.

Ondervinding is uit die aard van die saak maar die deurslaggewende faktor. Die belangrikste is weer eens dat die yster baie warm moet wees. Die kalf moet goed geïmmobiliseer en beheer word. ‘n Belangrike riglyn is dat ‘n mens deur die vel moet brand maar nie tot op die been nie (bruin goue ring wat reeds genoem is in antwoord nr. 1982477, as ‘n algemene riglyn).

Indien ‘n mens been kan waarneem, is daar te veel gebrand en mag dit skadelik wees. Aan die einde van die dag is dit maar net ondervinding wat tel.

 

  • Geskryf deur: Prof Dirk Lourens, Hoof: kuddegesondheid, Fakulteit Veeartsenykunde, Universiteit van Pretoria.

    22 September 2006


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X