Vra vir Faffa

Oksalaatvergiftiging

Vraag

Watter plante bevat oksalate en wat is die tekens van vergiftiging?

Antwoord

Turksvye bevat oksalate. Oksalaatvergiftiging word gekenmerk deur nierskade (nefrose), verlaging van kalsiumvlakke, stase van die dermkanaal, depressie, koma en wydverspreide bloedings. Die kladodes (turksvyblaaie) van veral die doringlose turksvyvari?teite (Opuntia ficus-indica) en blaaie van Agave americana wat vir droogtevoeding in lae re?nvalareas gebruik word, mag tot oksaalsuurvergiftiging lei. Die hoeveelheid oksalaat in Opuntia spp. varieer gedurende verskillende tye van die jaar asook in verskillende jare.

Ander plante wat oksalate bevat, is: beet, mangelwortel, wit hondebossie, spinasie, garingboom, vygies, asbosvygie, loogbas, geelsuring, wildesuring, rooi tuinsuring, bloubuffelsgras, mannagras, suring, steenboksuring, boksuring en rubarber.
Beeste is minder vatbaar as skape vir oksalaatvergiftiging onder veldtoestande. Waar verlaging in kalsiumvlakke voorkom, kan die toediening van kalsiumboroglukonaat van nut wees. Voorkomend kan  25% dikalsiumfosfaat in normale soutlekke toegedien word vir skape. Genoeg tyd moet toegelaat word vir diere om gewoond te raak aan oksalaatbevattende plante deur bykomende hooi vir ‘n paar weke uit te sit. Diere moet ook geroteer word tussen kampe wat nie oksalaatbevattende plante bevat nie.
Bron: Kellerman, T.S., Coetzer, J.A.W, Naude, T.A.W. and Botha, C.J. 2005. Plant Poisonings and Mycotoxicosis of Livestock min Southern Africa. Oxford University Press. ISBN 978 0 19 57613 4
Geskryf deur: dr. Faffa Malan, veeartskonsultant (dokfaffa@nashuaisp.co.za)
23 Februarie 2012
 
Lees ook:
 
 

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X