Vra vir Faffa

Nuttige boek oor immunisering

Vraag

'n Nuwe boek oor enstowwe en die immunisering van plaasdiere is onlangs gepubliseer.

Antwoord

‘n Nuwe boek, Enstowwe en immunisering van plaasdiere, deur twee bekende veeartse, drr. Jan du Preez en Faffa Malan, het pas die lig gesien.

Dié boek beslaan 160 bladsye en die skrywers fokus in die agt hoofstukke op siektes van beeste, skape, bokke, perde, varke, pluimvee en ander plaasdiere.

Van die aspekte wat in dié nuttige boek behandel word, is oor aansteeklike dieresiektes wat voorkom; hoe dit oorgedra word en hoe om dit te bekamp; simptome waarvoor ‘n mens moet oplet; die behandelings wat beskikbaar is; wanneer moet enstowwe toegedien word en die leser word ook gehelp om entstowwe te kies. Die laaste hoofstuk is nét oor entstowwe en middels.

Die boek kos R249 plus R15 vir posgeld. Om ‘n eksemplaar te bestel kan Charlene Potgieter gekontak word by 012 843 5690 of e-pos charlene@agriconnect.co.za of faks besonderhede na 012 804 9531.

10 Januarie 2007


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X