Vra vir Faffa

Nuttige boek oor dieregesondheid

Vraag

'n Nuttige boek vir veeboere met breedvoerige inligting oor dieregesondheid en entstowwe is beskikbaar.

Antwoord

‘n Nuttige boek vir veeboere met breedvoerige inligting oor dieregesondheid en entstowwe is vir belangstellendes beskikbaar.

Dié boek gee in afsonderlike hoofstukke aandag aan bees-, skaap-, bok-, perde-, vark- en pluimveesiektes, asook aan algemene siektes wat alle plaasdiere raak. Die belangrikheid van inentings word bespreek, asook redes waarom inentings soms onsuksesvol blyk te wees.

Dié boek Protecting your farm animals through immunisation is geskryf deur drr. Jan du Preez en Jannie de Beer en me. Susan Brett, wat ook verantwoordelik is vir die illustrasies in die boek. Dit word uitgegee deur die Bayer/MPO-Instituut vir Suiweltegnologie.

Die Engelse weergawe kos R100 per eksemplaar. BTW is ingesluit, maar nie posgeld nie. Bestel van Anne-Rose 012 843 5740. Die boek sal later in Afrikaans beskikbaar wees.

25 Januarie 2006


Kommentaar

Kommentaar (4) “Nuttige boek oor dieregesondheid

  1. Rudolph
    Rudolph

    Is die boek al in Afrikaans beskikbaar?

  2. Janbez

    Ja, dit is. kontak die MPO daarvoor

  3. rachel
    rachel

    Ek wil bje grag di boek vir my pa kop war kan ek hom te kop kry

    • Jan Bezuidenhout

      Rahcel,
      Die tel.nommer is in die berig hierbo.
      Groete


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X