Vra vir Faffa

Nierversaking in honde

Vraag

My bulterrier is 4 maande oud. Hy is so 2 weke terug gediagnoseer met nierversaking. Die veearts het ‘n sonar van nier gedoen en daar is gevind dat sy nier nie eers die struktuur van ‘n nier het nie. Ek wil graag weet of daar enige iets is wat ons kan doen om hom te help om gesond te bly en watse kos en byvoeding ons hom kan gee. Ons meng elke dag so bietjie blikkie hondevleis vir hom by sy kos ens. Byvoorbaat dank. Leaneé

Antwoord

Oorerflike kondisies van die niere, wat lei tot chroniese nierversaking, is aangemeld in die Bulterrier-honderas. Ander honderasse sluit die Basenji, Cairn-terrier, Sjinese Keeshond, Doberman Pinscher, Engelse Springerspanjoel, Duitse herdershond, Golden Retriever, Lhasa apso, Miniatuur Schnauzer, Noorweegse Elandhond, Rottweiler, Samoyed, Chinese Veghond, Shih Tzu, Sagte haar Wheaten Terrier en die Standaard Poedel in. Ek moet dus aanbeveel dat daar glad nie met die Bulterrier geteel word nie. 

Die dieet vir honde met nierversaking sluit verlaagde proteïen, fosfor en natrium in. Die dieet moet ook hoog in omega 3 vetsure wees en lei tot die produksie van meer alkaliese urine.
 
Daar is verskeie voorskrif hondekosse vir honde met nierversaking beskikbaar by u veearts. Dit sluit Royal Canin Renal en Hills Prescription Diet Canine k/d in. Raadpleeg gerus u veearts oor hierdie hondekosse.
 
Verwysings
1.     Tilley L P en Smith F W K Jr. 2004. The 5-minute veterinary consult canine and feline 3rd edition. Lippincott Williams & Wilkins, USA
2.     Royal Canin [webblad]. Beskikbaar by http://www.royalcanin.co.za/ soos op 12 September 2012.
3.     Hills [webblad]. Beskikbaar by http://hillspet.co.za/ soos op 12 September 2011.
 
Geskryf deur: Dr Sunelle Strydom (BVSc)
 
13 September 2011

 


Kommentaar

Kommentaar (2) “Nierversaking in honde

  1. Burt Lugtenborg
    Burt Lugtenborg

    Hallo. Hoe weet ek dat daar iets fout is met my Poedel se niere? Hy is ‘n reun hond en is ongeveer 8 jaar oud. Hy was siek en toe vat ons hom na die veearts waarop hul gese het dat hul dink hy het sy rug beseer oor hy oorgewig is en op en af van beddens en banke sping. Hul het hom toe medisyne gegee en huistoe gestuur. ‘n Dag of wat later het hy erg opgegooi en wou niks eet nie en toe neem ons hom terug na die veearts waarop aan ons gese is hy het gastro. Ons het hom toe huis toe gebring en pille gegee soos voorgeskryf. Op ‘n stadium wou hy glad nie beweeg nie en sy lyfie was baie seer as ons hom opgetel het. Die volgende oggend is hy weer terug na die veearts waarop die veearts hom opgeneem het. Ons is later deur die dag geskakel en gese dat hul toetse (bloed toetse) gedoen het en vermoed hy het nierversaking. Hy is nou twee dae by die veearts en eet glad nie en drink ook nie water nie. Hoe weet ek verseker dat dit sy niere is wat die probleem veroorsaak?

    Groete,

    • Jan Bezuidenhout

      Burt, Jou veearts is die mens wat jou vrae kan beantwoord.
      Dr. Faffa Malan kan nie jou hond oor die internet diagnoseer nie.
      Groete


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X