Vra vir Faffa

Nguni’s wat onthoring word

Vraag

Is dit wenslik om Nguni's te onthoring? Sal dit die beeste benadeel (behalwe dat hulle nie hulle kalfies kan beskerm nie)? Watter voordele hou dit in behalwe om te keer dat hulle velle beskadig word?

Antwoord

Beeste wat onthoring word, sal beslis nie benadeel wees nie. In die meeste gevalle word beeste nie onthoring nie omdat dit hulle kwansuis in staat sal stel om hul kalfies te beskerm teen ongediertes soos jakkalse en rooikatte. Baie telers en keurders beweer dat hulle die “suiwerheid” of die rasegtheid van die dier in sy horing kan sien.

Persoonlik weet ek dat dit baie makliker is om met onthoringde of poenskopbeeste te werk. By die Oos- Vrystaat Veldbulklub neem dit ongeveer die helfte langer om met die beeste met horings (meestal Nguni’s) te werk as met die ander diere. Veral waar diere met horings in ‘n nekklem gevang moet word, kan dit baie tyd in beslag neem. Behalwe die kneusings wat horingbeeste aan mekaar veroorsaak, skep dit ook ‘n groter risiko vir beserings aan die hanteerder.
In ‘n onlangse brief van ‘n Suid Afrikaner, mnr Louis Willemse, wat tans ook in Australi? boer, meld hy dat Australiaanse boere nie eers ‘n bul met horings verniet wil hê nie as gevolg van die arbeid verbonde aan die onthoring van kalwers. Hulle verkies poenskopbulle.
Geskryf deur: dr. Hannes Dreyer, Veekundige (hannesdreyer@vodamail.co.za)
26 November 2011
Lees ook:
     

 
 
 
 
 


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X