Vra vir Faffa

Inligting benodig oor aangeplante weidings om vrae te beantwoord

Vraag

Ek beoog om 'n gemengde veeboerdery op die been te bring en wil gebruik maak van intensiewe aangeplante weidings (as aanvulling van die natuurlike weiding) Watter weidings en kombinasies sal u aanbeveel wat veeldoelig van aard is, deurdat dit aan beeste, skape en selfs hoenders goeie weiding sal verskaf, sonder dat dit self onrealistiese water- en voedingbehoeftes het. Kan u asb. onderskei tussen weiding onder besproeiing en droogland aangeplante weidings? Dankie! Jaco

Antwoord

Voordat ons vir Jaco finaal kan antwoord, moet hy asb. aan ons die volgende inligting stuur:

1.     Watter deel van SA boer hy?
2.     Hoe beskou hy die toestand van sy veld?
3.     Wat is sy reënval per jaar?
4.     Hoeveel beeste en skape het hy in gedagte?
5.     Wat is die oppervlak (ha) van sy veld?
6.     Hoeveel (ha) aangeplante weiding het hy in gedagte?
7.     Hoeveel besproeiingsgrond (ha) het hy?
8.     Wil hy vrylopende hoenders (free ranching) aanhou?
9.     Grondontledings van die gebiede waar weiding geplant gaan word, sal ook help.
Groete
Prof Chris Dannhauser (chriswei@vodamail.co.za)
17 April 2010

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X