Vra vir Faffa

Myte wat perdestalpersoneel affekteer

Vraag

Is daar 'n ding soos 'n stalluis by perde en veral in hul stalle? Kan dit die mens se vel affekteer as jy daar binne gewerk of geslaap het? Indien wel, hoe behandel 'n mens dit?

Antwoord

Myte van die suborde Trombidiformes sluit in etlike klein sagte mytsoorte wat irritasie en verskeie ander velkwale by mense en diere veroorsaak. Hulle leef op of in die vel.

Pyemotes ventricosus
Algemene naam: Die graanjeukmyt
Voorkoms: Hierdie myt is klein en sag met ‘n verlengde liggaam; die wyfies vergroot baie wanneer hulle dragtig is.
Gashere: Hulle is hoofsaaklik parasiete van insekte wat in opgebergde graanprodukte aangetref word, maar val ook mense aan wat hierdie produk hanteer.
Lewensiklus: Die wyfies lê nie eiers nie, maar gee oorsprong aan geslagsrype mannetjies en wyfies. Hierdie volwassenes paar onmiddellik na geboorte en die bevrugte wyfies heg aan ‘n geskikte inseklarf vas. Haar abdomen swel baie groot op terwyl sy voed en die eiers broei uit en ontwikkel deur al die stadia totdat die volwasse myte binne-in haar gevorm word en deur die geslagsopening vrykom. Hierdie proses neem 6-13 dae en elke wyfie kan 200-300 volwassenes voortbring.
Verspreiding: Hierdie kosmopolitiese mytsoort kom algemeen in Suid-Afrika voor. Dit leef in gras, strooi, graan en ander opgebergde graanprodukte.
Siektes oorgedra: Die myte versprei vanaf besmette graan of gras na mense of diere en hulle byte veroorsaak ‘n strawwe gejeuk en die vorming van knoppies wat vir etlike dae kan voortduur.
Beheer: Maak die stalle sorgvuldig skoon. Die aanwending van plaagdoders (sintetiese piretro?edes) en die behandeling of vernietiging van besmette gras en strooi. Sorg dat die middel ook in aale krake ingespuit word.
Myte wat op hoenders en vo?ls (bv. mynah’s en spreeus) voorkom, is die tropiese hoendermyt (Macronyssus bursa) asook die Noordelike hoendermyt (Macronyssus sylvarum). Hierdie myte kan ook  toevallig op mense voorkom. Indien daar neste van vo?ls in die stalle is, moet hulle verwyder word. Hoenders wat in stalle loop, kan ook die myte so versprei.
Vir die behandeling van mense kontak u geneesheer.
Vir interessantheid lees die inligting oor soortgelyke myte wat in die VSA en Europa voorkom.
Bron:
Howell, C.J, Walker, Jane B, en Nevill, E. M. 1983. Bosluise, myte en insekte van huisdiere in Suid-Afrika. Wetenskaplike Pamflet No. 393. Departement van Landbou-Tegniese Dienste
Geskryf deur: dr. Faffa Malan, Veeartskonsultant (dokfaffa@nashuaisp.co.za)
29 Maart 2011

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X