Vra vir Faffa

MSMA vergiftiging

Vraag

Daar is in 'n week twee groot bulle dood met ongewone simptome. In die kamp is daar 2 maande gelede nagblom met MSMA behandel. Ek het al gerugte gehoor dat daar gevalle was waar vee vergiftig is onder soortgelyke omstandighede. Kan dit dalk 'n moontlikheid wees?

Antwoord

MSMA is ‘n organiese arseen verbinding. Dit is ‘n onkruiddoder wat veral gebruik word om litjieskaktus in die Oos-Kaap te bestry. Die verbinding is giftig vir diere en gevalle is al aangeteken van diere wat vrek kort nadat dit op weiding gespuit is. Dit veroorsaak tipiese arseen vergiftiging wat gekenmerk word deur erge diarree en swakheid.

 
Geskryf deur: dr. Neil Fourie, Toksikoloog (neil@nfourie.co.za)
 
17 Mei 2010

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X