Vra vir Faffa

Molopomotte se kokonne verstop beeste

Vraag

My plaas is in die Noordwesprovinsie, 150 km vanaf Vryburg, in die die Kalahari. Onlangs het van die jong verse begin lê en na 'n paar dae gevrek. Die groot pens was gevul met 'n veselagtige groeisel wat lyk asof die bees 'n tou of 'n net ingesluk het. Die hele pens was daarmee gevul. Spekulasie hier rond is dat dit een of ander onverteerbare rankplant is. Is daar enige raad want die diere kry 'n boepens, teer uit en vrek. Van my mede boere het al meer as 10 verse verloor.

Antwoord

Die verstopping word veroorsaak deur die inname van Molopomotte se kokonne (Gonometa postica). Hierdie motte kom voor op die Swarthaak  en die Kameeldoring ( Acacia erioloba). Daar is ook ‘n ander mot Gonometa rufobrunnea wat in die mopaniegordel in die Soutpansberg se bosveld voorkom en wie se kokonne ook probleme veroorsaak.

Daar word vermoed dat kalwers wat gespeen word die kokonne uit nuuskierigheid  inneem. Die kokonne word geparasiteer, droog uit en val uit die bome op die grond. Die sydraadjies van die kokonne koek met die inhoud van die rumen en kan tot ‘n veselagtigenat massa van tot 37 kg vergroot.  Dit blyk dat so ‘n massa nie verteer kan word nie.

Die enigste manier om so ‘n dier se lewe te red, is om die massa deur ‘n operasie (rumenotomie) deur u veearts te laat verwyder.

Vir foto’s hoe die mot en ruspe lyk, gaan na die volgende webadres:

http://www.google.co.za/search?q=gonometa+postica&hl=en&rlz=1R2AURU_enZA499&prmd=imvns&tbm=isch&tbo=u&source=univ&sa=X&ei=0RGVUJHVEcmq0QX4koDgAw&ved=0CBwQsAQ&biw=1600&bih=744

 

Bronne:

Dr.Neil Fourie, persoonlike mededeling

Kellerman, T.S, Coetzer, J.A.W, Naude, T.W andBotha, C..2005. Plant Poisonings and Mycotoxicosis of Livestock in Southern Africa. Oxford University Press.

 


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X