Vra vir Faffa

Miskruier-vriendelike middels

Vraag

Is meer inligting beskikbaar oor miskruiervriendelike middels, vra 'n leser.

Antwoord

Vraag:
Ek het gehoor iemand sê dat hy slegs sekere inspuitbare en opgietmiddels gebruik, omrede alle middels nie miskruiervriendelik is nie. Dit sal interessant wees om meer inligting hieroor te verkry of oor bronne waar mens daaroor kan naslaan. – Alfons Ferriera (alfonsf@vkb.co.za)

Antwoord:
Daar is ongelukkig nie veel miskruiervriendelike produkte op die mark nie.

Miskruiers is insekte en uit die aard van die saak sal die insekdoders soos organofosfate, karbariel, sintetiese piretroïede en die gechlorineerde koolwaterstowwe almal giftig wees vir die volwassenes, sowel as die larwes en papies.

Die larwes en papies kom redelik diep in die grond voor en is dus beter beskerm as die volwassenes wat vry rondloop of vlieg.

Wanneer daar egter baie reën val, kan hierdie insekmiddels in die grond in loog en die onvolwassenes dood.

Dit gebeur egter selde, omdat die meeste organofosfate vinnig afbreek en boere as ‘n reël nie dip of spuit of opgietmiddels gebruik as dit reën nie.

Die makrosikliese laktoongroep van wurmmiddels is gevaarlik vir miskruiers. Dié middels word in die mis van diere uitgeskei en hierdie mis word deur die miskruiers gebruik om hulle eiers in te lê. Die miskruierlarf is dus direk blootgestel aan die wurmmiddel en sal daarvan vrek. Dit het natuurlik ook ander implikasies, naamlik dat as die wurmmiddels gereeld gebruik word, dit die miskuierbevolking sal laat afneem, selfs so laag dat die diere se mis nie meer verwerk word nie en net in die veld rondlê, soos wat dit reeds in sekere dele van Australië gesien word.

 

  • Geskryf deur: Prof. Joop Boomker, Onderstepoort, Universiteit van Pretoria

    4 Desember 2006


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X