Vra vir Faffa

Miltsiekte-entstof en onvrugbaarheid

Vraag

'n Leser vra of inenting teen miltsiekte onvrugbaarheid or abortering by verse kan veroorsaak en een van ons kundiges help.

Antwoord

Vraag:
Ek het my verse met miltsiekte-entstof gespuit en toe by bul gesit. Die kalfpersentasie was swakker as voorheen met dieselfde bul. Is dit moontlik dat die spuit van miltsiekte-entstof enige effek op die vrugbaarheid van koeie kan hê of selfs abortering op ‘n vroeë stadium veroorsaak? – Willem de Klerk (willem.deklerk@sasol.com)

Antwoord:
Die miltsiekte-entstof is ‘n lewende, nie-gekapselde, spoorbevattende Bacillus anthracis 34F2 stam wat in 1937 deur Sterne geïsoleer is. Die stam is vir alle praktiese gebruik nie patogeen (nie-siekteverwekkend) vir die meeste plaas- en wilde diere nie.

Die uitsondering is bokke en lamas waar ‘n sekere graad van virulensie wel teenwoordig is. By hierdie twee spesies moet ‘n kwart dosis eers gegee word en ‘n maand daarna die vol dosis. Die entstof moet ook nie in die nek toegedien word nie, maar in die stertvou.

Perde reageer ook stadiger teen die entstof en daarom word aanbeveel dat twee standaard dosisse ‘n maand uitmekaar gegee word as die entstof die eerste keer gebruik word en daarna ‘n jaarlikse skraagdosis.

Alle diere word een standaard dosis gegee met ‘n jaarlikse skraagdosis daarna. Effektiewe beskerming geskied ‘n week na inenting.Volgens wet is dit verpligtend dat alle beeste jaarliks ingeënt word.

Die entstof is getoets as veilig om in alle stadia van dragtigheid in beeste gebruik te word. Miljoene dosisse entstof is al in dragtige diere gebruik onder enige probleem. Indien u vermoed dat daar probleme met die spesifieke besending entstof is, moet die lotnommer en vervaldatum met die klagte aan die vervaardiger gestuur word.

Ek sou die vraesteller aanbeveel om sy kudde deur ‘n veearts te laat toets vir siektes wat vrugbaarheid aantas asook siektes wat aborsies veroorsaak. Laat ook u bul ondersoek vir vrugbaarheid.

Voorbeelde van hierdie siektes is:

 


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X